Mugabe gaan parlement open

Image

Maguba in Lusaka

President Robert Mugabe gaan die parlement amptelik open ondanks waarskuwings dat dit onderhandelings oor magsdeling in gevaar mag stel.

Verslaggewers is gister vertel dat die nuwe parlement Maandag byeen gaan kom.

Die MDC het gesê dié party het geen beswaar teen die opening van die parlement nie, maar sal enige skuiwe deur Mugabe om 'n kabinet aan te stel alvorens 'n magsdelingsooreenkoms bereik is, verwerp.
Die MDC bevraagteken president Robert Mugabe se legitimiteit, maar onder die Zimbabwiese reg word die parlement deur die staatspresident byeengeroep en geopen.

светильник подвесной черныйОлександр Васильович Фільчаков