Taliban loods dodelike aanvalle

Image

Taliban-vegters in Herat

Taliban-insurgente het hul mees dodelike reeks aanvalle in ses jaar van gevegte in Afghanistan geloods.

Nie net het 10 selmoordbomwerpers 'n aanval op een van die grootste Amerikaanse militêre basisse gekoördineer nie, maar 100 insurgente het 10 elite-Franse valskermsoldate gedood.

Die aanval op die Franse was die enkele mees dodelike verlies vir buitelandse troep in 'n grondgeveg sedert die Amerikaans geleide inval in 2001.

 
 {mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53}
Die Taliban-vegters trek voordeel uit NAVO se huiwerige verbintenis, 'n Amerikaanse administrasie wat op pad uit is, 'n swak Afghaanse regering en 'n Pakistani-regering wat meer simpatiek teenoor hul saak staan.

Die offensief deur insurgente het 'n stygende tol geëis.

Nicolas Sarkozy, die Franse president wat tans in Afghanistan verkeer, het dit duidelik gemaak dat Frankryk onwrikbaar is.

Daar is 3 000 Franse troepe wat in 'n NAVO-mag van meer as 40 000 soldate vanuit meer as 40 volke dien.пескоструйный компрессорАлександр Фильчаков прокурор