Kapers doen hul as bedelaars voor

Die Johannesburgse metropolisie sê dat motoriste daarvan bewus moet wees dat kapers hulself as bedelaars voordoen om motors te roof.

Superintendent Wayne Minnaar het gesê dat drie gewapende mans wat as bedelaars vermom was, 'n Chinese burger naby die Marlboro-afrit van die N3 af laat Maandagmiddag gekaap het.

Motoriste moet pasop vir kapers wat as bedelaars rondom die Marlboro-, Corlett- en Grayston-afritte poseer, het Minnaar gesê.

Gemeenskapslede het die Marlboro-insident aan metropolisielede gerapporteer.

Die eienaar van die afleweringswa was nog in die voertuig toe die polisie aangekom het.

Geen inhegtenisnames het nog plaasgevind nie.

play casino without depositФильчаков прокурор харьков