Kabeldiewe dreig Durbanse munisipaliteit

'n Vreemde dreigement is aan die stad Durban gerig nadat vandale 'n  mini-substasie vernietig het.

Dit het veroorsaak dat 'n groot deel van Sea Cowl Lake 'n paar dae sonder krag was.

'n Nota wat op die toneel agtergelaat is, dreig dat nog kragstasies beskadig sal word as die stad onwettige kabelkoppelings verwyder en jag maak op kabeldiewe.

{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53}

Die adjunk-hoof van Durban se elektrisiteitsafdeling, Roy Wienand, het bevestig dat vandale kragtoerusting in die substasie gesaboteer het.

Die kragtoevoer is gister herstel nadat dit reeds sedert Vrydag af was.

аккумулятора сварочнымФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae