Twee dwelmklopjagte in Beaufort-wes

Die Weskaapse polisie het 'n 27-jarige man gister in Beaufort-wes in hegtenis geneem vir die besit van tik met 'n beraamde straatwaarde van R6 miljoen.
Die polisie het die man gearresteer nadat hulle 'n bus vir 'n roetinedeursoeking voorgekeer het.

'n Narkotiese hond het op 'n tas in die bus gereageer en die polisie het 'n plastieksak vol tik ontdek. Die man is in hegtenis geneem.

 
{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53} 
In 'n aparte voorval op Beaufort-wes is 'n 43-jarige man gearresteer wat in besit van mandrax-tablette ter waarde van 'n beraamde R545 400 betrap is.

Polisie het 'n wit Mercedes-Benz voorgekeer en deursoek wat na Kaapstad van Johannesburg af op pad was. 'n Narkotiese hond het 'n plastieksak met 9000 mandrax-tablette uitgesnuffel.

'n Ondersoek na die oorsprong van die dwelms gaan voort, het 'n polisiewoordvoerder gesê.

мебель длялобановский александр дочь

Maak 'n opvolg-bydrae