‘n Italiaanse hof het Donderdag die voormalige premier Silvio Berlusconi tot een jaar tronkstraf gevonnis in verband met ‘n meeluister-skandaal. Berlusconi sal heel moontlik teen die besluit appelleer en vir eers uit die tronk bly. Die 76-jarige is skuldig daaraan bevind dat hy gereël het dat die polisie ‘n politieke teenstander van hom afluister, waarna
Zuma veroordeel geweld, apartheid, afwesige swart vaders
Pres. Jacob Zuma het die onlangse rits gewelddadige misdaad, spesifiek teen vroue en kinders, veroordeel. “… Ons moenie vergeet dat die meerderheid van die 52 miljoen Suid-Afrikaners vredeliewende, goeie, wetsgehoorsame burgers is nie,” het hy in die parlement gesê. Hy het die geweldskultuur aan apartheid se nalatenskap toegeskryf, asook aan swart vaders wat nie na
Lees verder: Zuma veroordeel geweld, apartheid, afwesige swart vaders
SA nie gewelddadig nie, sê Zuma
President Jacob Zuma sê Suid-Afrika is nie ‘n gewelddadige land nie. Daar is egter sekere elemente wat op ‘n skokkende wyse optree. Zuma het die Huis van Tradisionele Leiers in die Parlement in Kaapstad toegespreek. Hy sê mense moet nie alle Suid-Afrikaners as gewelddadig en wreed skets nie. Zuma se opmerkings kom te midde van
Oscar dank beeldpoetser af
Die Paralimpiese atleet en moordverdagte Oscar Pistorius en sy familie het besluit om nie meer die dienste van die beeldpoetser te gebruik wat namens hom opgetree het nie, het ‘n berig Donderdag gelui. Die maatskappy, Vuma Reputation Management, het egter volgens The New Age ontken dat die besluit verband hou net onlangse uitlatings van Pistorius
Kongolese wou DRK ‘binne 90 dae oorneem’
Die groep van 21 Kongolese mans wat aangekla word vir die beplanning van ‘n staatsgreep teen die regering van die Demokratiese Republiek van die Kongo het Maandag in die Pretoria Landdroshof waar die borgverhoor plaasvind, verskyn. Staatsaanklaer Shaun Abrahamson het gesê lede van die groep behoort agter tralies gehou te word. In die verklaring van
Belaglike duur webwerf ondersoek
Die Vrystaatse provinsiale regering gaan vasstel of hy waarde vir sy geld gekry het in ‘n ooreenkoms vir sy multimiljoenrand-webwerf, het premier Ace Magashule Woensdag gesê. Magashule het dié aankondiging Woensdag op ‘n sake-ontbyt gemaak. Volgens berigte betaal die Vrystaatse regering R40 miljoen vir die ontwikkeling van ‘n regeringswebwerf. Olley Mlamleli, LUR vir samewerkende regering,
Wapens uit polisiekantoor gesteel
Sowat 18 vuurwapens – meestal bewysstukke in misdade – is uit die polisiekantoor in KwaMhlanga, Mpumalanga, gesteel, het Beeld berig. Die diefstal is Maandag ontdek toe die polisie se logistieke afdeling inspeksie daar gedoen het. Meer as 12 pistole, verskeie rewolwers en selfs ‘n R5-geweer is uit die bewysstukstoor gesteel. Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het
Mangaung eis sy tol in Pretoria
“Die ANC Mangaung kongres van Desember 2012 is besig om sy tol in Pretoria te eis”. So sê die streeksleier en leier in die raad van die VF Plus, raadslid Philip Van Staden. Dit volg nadat die burgemeester se stadsrede, wat gister sou plaasvind, skielik verlede week in die raadsvergadering uitgestel is na 04 April
Grootste eis ooit teen Transnet
Hiermee gee die VF Plus kennis dat die grootste regseis in die geskiedenis van Suid-Afrika tot die bedrag van R90 miljard binnekort ingestel gaan word teen Transnet, die departement van openbare ondernemings en die tesourie in die vorm van ‘n klasaksie namens die duisende verarmde pensioenarisse van die Transnet Tweede Vastevoordeelfonds en die Transport Pensioenfonds.
Munisipaliteite skuld miljarde
Munisipaliteite word minstens R81 miljard geskuld vir dienste, het die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) Dinsdag gesê. “Dit verander elke jaar en die rente-faktor beïnvloed dit,” het Xolile George, uitvoerende hoof van Salga, aan joernaliste in Midrand gesê. “Dit groei eksponensieel en maatreëls word in plek gestel.” George het gesê daar is dispute oor geld en
