Munisipaliteite skuld miljarde

Munisipaliteite word minstens R81 miljard geskuld vir dienste, het die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) Dinsdag gesê.

“Dit verander elke jaar en die rente-faktor beïnvloed dit,” het Xolile George, uitvoerende hoof van Salga, aan joernaliste in Midrand gesê.

“Dit groei eksponensieel en maatreëls word in plek gestel.”

George het gesê daar is dispute oor geld en ander komplikasies. In sommige sake is daar oplossings gevind.

“Waar daar geen dispuut is nie, moet die geld betaal word.”

Hy het gesê werkloosheid en afleggings is ‘n probleem.

“Sommige mense kan nie bekostig om vir dienste te betaal nie, omdat hulle nie genoeg geld het nie. Dit is ‘n groot bekommernis.”

Maak 'n opvolg-bydrae