Grootste eis ooit teen Transnet

Hiermee gee die VF Plus kennis dat die grootste regseis in die geskiedenis van Suid-Afrika tot die bedrag van R90 miljard binnekort ingestel gaan word teen Transnet, die departement van openbare ondernemings en die tesourie in die vorm van ‘n klasaksie namens die duisende verarmde pensioenarisse van die Transnet Tweede Vastevoordeelfonds en die Transport Pensioenfonds.

Hierdie eis spruit voort uit die nie-nakoming en minagting van die parlementêre opdrag deur die uitvoerende gesag en Transnet om R1.9 miljard aan die fondse uit te betaal. Die latere in diepte ondersoek na die finansiële status van die fondse het aangetoon dat ‘n statutêre skuld nooit deur die regering aan die fondse oorbetaal is nie, dat Transnet wederregtelik wins vir homself geneem het uit die verkoop van die V&A Waterfront en dat bates in die vorm van T011-effekte uit die fondse gehaal is en dieselfde waarde nooit teruggeplaas is nie. Die gevolg is dat in plaas daarvan om bloot R1.9 miljard te betaal soos deur die parlement voorgestel, sal die staat en Transnet nou aanspreeklik wees vir R90 miljard se skuld en vergoeding aan die verwese pensioenarisse.

“There lies a great irony in all of this. If only Transnet and/or Treasury abided themselves to pay the recommended R1.9 billion, then we would not have embarked on a forensic investigation of the funds and would not have discovered the far greater claims due to the pensioners. There is also a lesson in this. If you commit to perform your responsibility diligently and fairly, then damages cannot accrue. If you kick the can down the road, a greater problem will meet and challenge you.This is what we call penny wise and pound foolish,” het adv. Anton Alberts in sy Ledeverklaring in die Parlement gesê.

Maak 'n opvolg-bydrae