SA nie gewelddadig nie, sê Zuma

President Jacob Zuma sê Suid-Afrika is nie ‘n gewelddadige land nie.

Daar is egter sekere elemente wat op ‘n skokkende wyse optree. Zuma het die Huis van Tradisionele Leiers in die Parlement in Kaapstad toegespreek.

Hy sê mense moet nie alle Suid-Afrikaners as gewelddadig en wreed skets nie.

Zuma se opmerkings kom te midde van ‘n vlaag protesoptredes, misdade en beweerde polisiewreedheid die afgelope tyd in die land.

Hy sê Suid-Afrikaners moet nie vertroue verloor in hul eie menswees en bevoegdheid om dit wat verkeerd is in die land, reg te maak nie.

Maak 'n opvolg-bydrae