Wapens uit polisiekantoor gesteel

Sowat 18 vuurwapens – meestal bewysstukke in misdade – is uit die polisiekantoor in KwaMhlanga, Mpumalanga, gesteel, het Beeld berig.

Die diefstal is Maandag ontdek toe die polisie se logistieke afdeling inspeksie daar gedoen het.

Meer as 12 pistole, verskeie rewolwers en selfs ‘n R5-geweer is uit die bewysstukstoor gesteel.

Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die diefstal ondersoek word.

Volgens die koerant was daar soortgelyke oortredings in die provinsie.

In Februarie 2010 is tydens ‘n interne oudit by die voormalige onluste-eenheid in Hazyview ontdek dat minstens 32 R5-gewere, 30 12-boor-haelgewere, verskeie Z88-pistole en 48 000 patrone weg is.

Verlede jaar is ‘n trommel vol wapens wat met misdaad verbind word by die Mhluzi-polisiekantoor in Middelburg gesteel.

Maak 'n opvolg-bydrae