Berlusconi moet agter tralies

‘n Italiaanse hof het Donderdag die voormalige premier Silvio Berlusconi tot een jaar tronkstraf gevonnis in verband met ‘n meeluister-skandaal.

Berlusconi sal heel moontlik teen die besluit appelleer en vir eers uit die tronk bly.

Die 76-jarige is skuldig daaraan bevind dat hy gereël het dat die polisie ‘n politieke teenstander van hom afluister, waarna hy die inligting wat daardeur verkry is, aan ‘n koerant gelek het.

Berlusconi se broer besit die koerant.

Berlusconi appelleer tans teen ‘n ander ‘n skuldigbevinding vir belastingbedrog en word ook deur aantygings in die gesig gestaar dat hy met ‘n minderjarige prostituut seks gehad het.

Maak 'n opvolg-bydrae