Klasaksie teen Anglo begin

Die regsverteenwoordigers van goudmyn-werkers wat aan die longsiekte silikose ly, het met ‘n aansoek om ‘n groepsgeding teen Anglo American begin.

Die aansoek is die jongste in ‘n reeks groepsgedinge teen Suid-Afrika se eens magtige goudmynbedryf.

Anglo American wat sy hoofkantoor in 1999 van Johannesburg na Londen verskuif het, het nie meer goudmyne in Suid-Afrika nie.

Die regsverteenwoordigers sê egter die afdeling van die maatskappy, wat in Johannesburg gebaseer is, het bates van sowat ‘n miljard rand.

Hulle beweer dat Anglo American nalatig was en nie die blootstelling aan stof en silikose voorkom het nie.

Maak 'n opvolg-bydrae