ANC-LP Winnie Madikizela-Mandela het gister beloof om die regering te wys hoe om dienste te lewer aan mense na ‘n besoek aan ‘n skool waar leerlinge aan ‘n sanitasiekrisis blootgestel is nou al vir die afgelope ses jaar.
Die situasie het so sleg geraak dat die meer as 500 leerlinge op Polonia Primêre Skool, in Mmakau, Noordwes, hulself in die skool se agterplaas verlig as gevolg van die disfunksionele toiletstelsel.
“Ek het hierheen gekom, want ek wil help. Ek gaan toesien dat ek ons regering wys dat dit gedoen kan word,” het Madikizela-Mandela gesê.
Die ANC-veteraan, wat ook deel van die Minister van Menslike Nedersettings Tokyo Sexwale se ministeriële taakspan is oor sanitasie, het die skool besoek gister ná ‘n brief van die Nasionale Vereniging van Skool Beheerliggame.
“Ons moet erken dat ons ons kinders faal. Ons moet die waardigheid van ons kinders herstel,” het sy gesê.
