Nelspruiters gaan naamsverandering teenstaan

Meer as 600 besighede in Mpumalanga soek regsadvies nadat die naamsverandering van Nelspruit volgens hulle foutief en onregverdig plaasgevind het. Die besighede, wat verteenwoordig word deur die Laeveldse Kamer vir Sake en Toerisme, die LCBT, is van mening dat die konsultasieproses voor die naamsverandering na Mbombela onregverdig plaasgevind het. “Ons sal regsadvies kry om die

Lees verder: Nelspruiters gaan naamsverandering teenstaan

Mosambiek reg vir verkiesing

Die leier van Mosambiek se opposisieparty van sowat drie dekades, Afonso Dhlakama, 56, het aangekondig dat hy nie weer vir president sal staan as hy Woensdag onsuksesvol is tydens hierdie jaar se verkiesing nie. “As ek hierdie keer verloor gaan ek vir seker nie weer staan nie,” het Dhlakama die afgelope naweek aan sy ondersteuners

Lees verder: Mosambiek reg vir verkiesing

Dronkbestuurklag teen ambassadeur teruggetrek

Die klag van dronkbestuur teen Suid-Afrika se ambassadeur in Angola, Muziwakhe Kubheka, 61, is Dinsdag in die landdroshof in Pinetown teruggetrek. Kubheka is in Maart in die Kloof-area buite Durban in hegtenis geneem nadat hy met sy Mercedes-Benz in ‘n heining vasgery het. Hy is aangekla van dronkbestuur. Volgens die staatsaanklaer, Neville Loubser, is die

Lees verder: Dronkbestuurklag teen ambassadeur teruggetrek

VSA-diplomaat bedank oor Afghanistan

‘n Amerikaanse diplomaat is só ontnugter deur die VSA se betrokkenheid in Afganistan dat hy uit sy pos bedank het. Hy is die eerste Amerikaanse amptenaar geword wat bedank in protes teen die agt jaar lange oorlog, het die Washington Post Dinsdag berig. Die 36-jarige Matthew Hoh was ‘n senior amptenaar in die staatsdepartement van

Lees verder: VSA-diplomaat bedank oor Afghanistan

Wapeneienaars moet lisensies by hul dra

Wapeneienaars wat hul wapens in die openbaar dra, moet ook die betrokke wapenlisensie en hul identiteitsdokument by hulle hê, het die Gautengse polisie Dinsdag gewaarsku. “Hierdie dokumente is baie belangrik aangesien hulle te eniger tyd deur wetstoepassers gedurende polisiewerksaamhede gekonfronteer mag word,” het superintendent Eugene Opperman gesê. “… in daardie geval moet hulle dit dan

Lees verder: Wapeneienaars moet lisensies by hul dra

Israel gebruik glo Palestyne se water

Amnestie Internasionaal (AI) het teen Israel uitgevaar nadat hulle glo ‘n groot hoeveelheid drinkwater van die waterbron in die Wesoewer uitgepomp het en só besig is om die inwoners van Palestina te beroof van hul regmatige porsie. ‘n Menseregte-groep in Londen het luidens ‘n verslag wat Dinsdag uitgereik sal word gesê Israel het alle projekte

Lees verder: Israel gebruik glo Palestyne se water

Blanke oudstryders deur SANW afgejak

Oud-lede van ‘n peloton wat met onderskeiding aan die Grensoorlog deelgeneem het, is toestemming geweier om hulde aan gevalle makkers in Bloemfontein te bring. 1 Suid-Afrikaanse Infanteriebattaljon in Tempe, Bloemfontein, het aanvanklik onderneem om ‘n dinee vir die peloton tydens hulle 25-jarige reünie aan te bied. Hierdie reëling is onverwags eensydig deur die SANW gekanselleer.

Lees verder: Blanke oudstryders deur SANW afgejak