Mosambiek reg vir verkiesing

Die leier van Mosambiek se opposisieparty van sowat drie dekades, Afonso Dhlakama, 56, het aangekondig dat hy nie weer vir president sal staan as hy Woensdag onsuksesvol is tydens hierdie jaar se verkiesing nie.

“As ek hierdie keer verloor gaan ek vir seker nie weer staan nie,” het Dhlakama die afgelope naweek aan sy ondersteuners gesê.

President Amando Guebuza, 66, is reeds in sy tweede termyn as president en sal na alle verwagtinge vanjaar weer met die titel wegstap.

“Die land moet aanhou ontwikkel. Ons moet opstaan teen armoede en korrupsie. Om hierdie doel te bereik sal julle vir my moet stem,” het Guebuza tydens die laaste dag van sy verkiesingsveldtog gesê.

Tydens Woensdag se verkiesing sal presies dieselfde kandidate deelneem as in 2004 toe Guebuza met 64% gewen het.

 

для разваллобановский политик

Maak 'n opvolg-bydrae