Israel gebruik glo Palestyne se water

Amnestie Internasionaal (AI) het teen Israel uitgevaar nadat hulle glo ‘n groot hoeveelheid drinkwater van die waterbron in die Wesoewer uitgepomp het en só besig is om die inwoners van Palestina te beroof van hul regmatige porsie.

‘n Menseregte-groep in Londen het luidens ‘n verslag wat Dinsdag uitgereik sal word gesê Israel het alle projekte wat die watertoevoer na Palestina sal verbeter gestaak.

“Die watertekort beïnvloed elkeen wat lewe in Palestina,” het Donatella Rovera, ‘n navorser van AI aan AP gesê. “’n Groot hoeveelheid water moet aan die inwoners van Palestina gegee word.”

Israelse amptenare het egter dié aantygings teen hulle ontken.

Water is ‘n groot struikelblok wat tussen Israel en Palestina oorbrug moet word.

Die waterkwessie sal eers opgelos moet word voordat daar vrede tussen die twee lande bereik sal word.

Die Israeli’s gebruik vier keer die hoeveelheid water wat gemiddeld deur ‘n persoon gebruik word.

Die hoeveelheid water wat deur die Palestyne gebruik word is ver onder die aanbevole hoeveelheid water wat volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), per persoon gebruik behoort te word.

Die verslag wat deur WHO uitgereik is, beweer dat Israel 80% van die water gebruik wat uit die Wesoewer se waterbron gepomp word. Die Joodse staat het toegang tot ander waterbronne terwyl dié waterbron die Wesoewer se enigste is.

Die verslag dui daarop dat sowat 450 000 Israeli’s wat in die Wesoewer en in die ooste van Jerusalem bly, meer water as sowat 2.3 miljoen Palestyne gebruik.

Mark Regev, die regeringswoordvoerder het dié bewerings wat deur die AI gemaak is, as “absurd” beskryf en hy het gesê Israel het sedert die ontdekking van die waterbron volle reg oor die beheer daarvan.

 

Hy het die Palestyne daarvan beskuldig dat hulle geen voorsiening getref het vir die ontwikkeling van die Wes-Bank nie.

 

дитячі іграшки інтернет магазинtopcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae