Dronkbestuurklag teen ambassadeur teruggetrek

Die klag van dronkbestuur teen Suid-Afrika se ambassadeur in Angola, Muziwakhe Kubheka, 61, is Dinsdag in die landdroshof in Pinetown teruggetrek.

Kubheka is in Maart in die Kloof-area buite Durban in hegtenis geneem nadat hy met sy Mercedes-Benz in ‘n heining vasgery het. Hy is aangekla van dronkbestuur.

Volgens die staatsaanklaer, Neville Loubser, is die klagtes op provinsiale vlak teruggetrek totdat die ondersoek na die voorval voltooi is.

“Die staat sal aansoek doen om die analise van die bloedtoets te sien. Die getuies moet ook nog hulle verklarings aflê,” het Loubser gesê.

Kubheka was voorheen Suid-Afrika se ambassadeur in China, Mongolië en Denemarke voordat hy in Angola gestasioneer is.

Sy vrou Lindiwe en hulle seun, Lindithemba, het in 2003 in ‘n motorongeluk op die N3 naby Durban gesterf terwyl hy in China was.

 

купить рюкзак школьный для мальчика в донецкеалександр лобановский супермаркет класс