Britse menseregtekommissie waarsku oor etniese konflik

Image

Trevor Phillips

Die gekleurde hoof van Brittanje se Gelykheids- en Menseregtekommissie, Trevor Phillips, het gewaarsku dat die land se immigrasiebeleid besig is om te misluk en dat ‘n koue oorlog tussen etniese groepe mag uitbreek.

Hy het die Britse regering daarvan beskuldig dat gebrekkige beheer oor immigrasie spanning in die land aanstook. Volgens Phillips is jong moeders bekommerd oor klaskamers waarin onderwysers sukkel omdat daar te veel tale gepraat word.

Ook pendelaars moet in treine en busse werk toe ry wat so oorvol is dat dit ‘n daaglikse hel geword het.

Trevor Phillips se uitsprake is in ‘n toespraak gemaak wat die veertigjarige herdenking verteenwoordig van die Konserwatiewe LP Enoch Powell se omstrede "rivier van bloed"-toespraak waarin hy Brittanje se ondergang weens veelrassige immigrasie voorspel het.

безмасляные компрессорыФильчаков прокурор

Hoe om kommentaar onderaan berigte te gebruik

Ons ervaar egter probleme met ons bediener en hoop om die funksionaliteit deur die loop van die dag uit te sorteer. Dit wil blyk dat die probleme uitgesorteer is en wil ons u versoek om ons te kontak indien daar foute voorkom.

Vanaf gister kan u kommentaar onderaan berigte en meningsartikels lewer deur in te teken links op die voorblad. L.W.: Klik op die kassie wat sê "Onthou my" anders gaan die stelsel u nie onthou as u die voorblad verlaat nie. Klik dan op "Add comments" (dit sal binnekort in Afrikaans vertaal word) en volg die res van die instruksies.

Die probleem op die bediener is egter nog nie opgeklaar nie en sal ons die funksionaliteit van die komponent deurlopend toets.
Ons beoog om die opsie aan besoekers en lede beskikbaar te stel maar alle bydrae sal gemodereer word voordat die geplaas word, dit voorkom gemorspos en misbruik van ons stelsel.

для баниtopcargo отзывы

ZANU PF skep stembriewe

Volgens die sekretaris-generaal van die Beweging vir Demokratiese Verandering in Zimbabwe, Tendai Biti, is ZANU PF besig om bykomende stembriewe te skep terwyl ‘n hertelling van stemme plaasvind. Drieduisend gesinne is ook uit hul huise geskop, honderde is in hospitale opgeneem en tien mense is gedood.

Die opposisie het ‘n lys met besonderhede vrygestel  van sy ondersteuners wat deur die regerende party beseer en gedood is sedert die verkiesing einde verlede maand.

Die menseregte-organisasie Human Rights Watch in New York het Saterdag gesê dat foltering en geweld in Zimbabwe toeneem. Die regerende party is besig om martelkampe op te rig, om mense te slaan en te martel wat daarvan verdink word dat hulle vir die MDC in verlede maand se verkiesing gestem het.

free playДанильченко

81 dood in Mogadisjoe-gevegte

Image

Mogadisjoe

Die dodetol in die Somaliese burgeroorlog oor die afgelope twee dae staan op een-en-tagtig, volgens ‘n plaaslike menseregtegroep. Gevegte het tussen Islamitiese guerrillas en Ethiopiese troepe in die hoofstad Mogadisjoe uitgebreek.

Die meeste ongevalle is veroorsaak deur die Ethiopiërs wat swaar artillerie en tenkkannonne wat in woongebiede in Mogadisjoe gebruik is. Naas die 81 dooies, is 119 mense gewond, het Ali Ahmed, die voorsitter van Elman Menseregte, gesê.

In Mogadisjoe lê die lyke op straat tussen onverwyderde vullis. Die eerste minister van Somalië, Nur Hassan Husein het sy spyt uitgespreek oor onskuldige burgerlikes wat gedood is. Die doel van sy regering is egter om wet en orde te herstel en troepe van Somalië en die buurland Ethiopië sal hulself verdedig as hulle aangeval word.

игрушка майнкрафтлобановский александр дети

71-jarige vrou van Brits is doodgesteek

Die een-en-sewentigjarige mev. Lien Gronum is in haar huis op die plaas Geluk net buite Brits doodgesteek, blykbaar met ‘n broodmes en ‘n briewemes.

Haar man Willem het haar bebloede lyk in hul bloedbesmeerde huis gevind nadat hy werkers by ‘n nabygeleë winkel gaan aflaai het. Volgens hom was dit ‘n sinlose moord aangesien die moordenaars net sy rewolwer geneem het.

Toe hy sy vrou agtergelaat het, was sy besig om ‘n Soduko-probleem by die kombuistafel in te vul. ‘n huishulp en ‘n plaaswerker word sedert die moord vermis.

брюки для девочкиФільчаков Олександр Васильович

McBride se 18 dossiere in inbraak gesteel

Robert McBride, Ekurhuleni metropolisiehoof, word tans ondersoek deur die polisie vir 18 misdrywe wat verband hou met die arrestasie van vermeende bobaastransitorower Marco Singh in Desember 2006.

McBride het, na wat beweer word, Singh gemartel, in sy luukse BMW X5 rondgery, polisieregisterinskrywings verander en met vuurwapens wat as bewysstukke kon dien, gepeuter.
Die SAPD ondersoek ook beweringe dat McBride wapens oor die Oshoekgrens in Swaziland ingesmokkel het.

McBride het al die aantygings teen hom ontken. Hy het gesê dat hy wel wapens gesmokkel het tydens die gewapende stryd, maar dat hy nie meer betrokke is by sulke aktiwiteite nie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat die18 dossiere van die McBride-saak wel deel was van die hofrekords wat Sondagaand by die Johannesburgse Hooggeregshof in ‘n militêre styl rooftog gebuit is.

пневмоинструмент этоАлександр Фильчаков Васильевич

Bullard kruip terug

David Bullard, voormalige rubriekskrywer van die Sunday Times, het sy opregte en diepe spyt bely aan diegene wat gekrenk voel oor sy skrywes.
 
In vandag se Business Day sê Bullard dat die sukses van die rubriek sy kop laat swel het.

Bullard is verlede week afgedank deur redakteur Mondli Makhanya omdat swart lesers gedink het dat sy siening van prekoloniale Afrika rassisties is.

Hy sê nou dat hy die grense te veel getoets het en dat hy enorme respek voel vir die redakteur wat hom afgedank het.

Hy meen verder dat hy die vriendskap van soveel stille vriende verraai het, en dit was onvergeeflik, self vir ‘n ikonoklas soos hy.

earringsлобановский харьков класс

Suid-Afrika is wetlik verplig om wapens te lewer

Die Suid-Afrikaanse regering sal die uitvoer van ‘n groot besending Chinese wapens en ammunisie wat in Durban wag na die Zimbabwiese Weermag moet goedkeur, omdat hulle wetlik daartoe verplig is.

Ses houervragte wapens vir Zimbabwe is na Durban gestuur deur Poly Technologies, ‘n Chinese regeringsmaatskappy. Die besending bevat miljoene rondtes AK-47 ammunisie, 1 500 VGG’s en meer as 3 000 mortiere en bypassende buise.

‘n Firma van Krygkor, AB Logistics, is gevra om die vervoer van die wapens na Zimbabwe te behartig.

AB Logistics is van die nodige veiligheidsklaring voorsien, maar dit hang van die Suid-Afrikaanse regering af of die vrag gestuur sal word aldan nie.

Pretoria het dit duidelik gestel dat daar geen VN of Afrika-Unie embargo op die lewering van wapens na Zimbabwe bestaan nie. Ook was daar geen kabinetsbeslisseing soos in die geval van Israel, oor die aangeleentheid nie.

want toАлександр Фильчаков Васильевич

SA paaie gaan agteruit sonder fondse

Die Demokratiese Alliansie het gister bekendgemaak dat dringende ingryping nodig is om die agteruitgang in Suid-Afrika se paaie te stuit.

Die party het gereageer op die ANC-minister van vervoer, Jeff Radebe, se  verklaring dat die agterstand in instandhouding van provinsiale paaie R72 miljard bereik het en dat slegs R5,2 miljard vir die 2008/2009-finansiële jaar toegeken is.

Volgens Radebe word die Gautengprovinsie die ergste geraak, waar die instandhoudingsagterstand reeds R18,3 miljard bereik het. Slegs R960 miljoen is aan die onderhoud van paaie in Gauteng vir die huidige belastingjaar toegeken.

Die meeste paaie se leeftyd is beperk tot 20 jaar. Twee-en-tagtig persent van paaie is reeds ouer as dit.

люстры потолочные купитьалександр лобановский супермаркет класс

Gebrek aan vertroue kommerwekkend, s? RGN

‘n Navorser van die Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing, Ben Roberts, het bevind dat openbare vertroue in 2007 ‘n laagtepunt onder die bevolking van Suid-Afrika bereik het.

Vertroue in plaaslike regering en die parlement het met twintig persent afgeneem. Volgens Roberts is dit rede tot kommer.

Faktore waarop mense reageer is skandale en getuienis van selfverryking deur amptenare en politici, asook armoede en misdaad wat nie aangespreek word nie.

Omtrent negentig persent van die publiek is ook gekant teen aborsie. Terselfdertyd is die man op straat ten gunste van die doodstraf weens die hoë misdaadvlakke.

Oorlopery deur politici he took heelwat gedoen om die kiesers se vertroue in hul leiers te skend.

палатка купитиtopcargo отзывы сотрудников