Dissiplin?re optrede teen VF Plus-jeugleier

Cornelius Jansen van Rensburg het onvoorwaardelik sy verskoning aan die leier van die VF Plus, dr. Pieter Mulder en die VF Plus as party, aangebied.

Dit volg nadat Jansen van Rensburg skuldig bevind is deur die party se Federale Regskomitee dat hy die VF Plus se grondwet oortree het.

Die oortreding was dat hy uitsprake in die media gemaak het wat getuig het van wantroue, disrespek en dislojaliteit teenoor die Vryheidsfront Plus en sy nasionale leier en dat hy nie die interne kanale in die party daarvoor gebruik het nie.

Die VF Plus se Federale Raad, as hoogste gesagsliggaam, het  Jansen van Rensburg sy lidmaatskap van die VF Plus laat behou, maar hy is verwyder uit alle ampte van die VF Plus-jeug, asook as onderleier van Gauteng.

Hy behou egter sy amp as raadslid van Pretoria. Sou hy in die volgende vyf jaar ‘n soortgelyke oortreding begaan, sal sy lidmaatskap summier beëindig word. Jansen van Rensburg het die besluit aanvaar en onvoorwaardelik sy verskoning aangebied.

 

 

 

оборудование длялобановский александр отзывы

Verkragtings van skoolkinders styg 100% in Londen

Verkragtings onder skoolkinders het met 100% in Londen gestyg – wat die direkte gevolg is van die kolonisering van die Britse hoofstad deur gekleurdes vanuit die derde wêreld. Ten minste 40 persent van die stad se bevolking onder 20 jaar is nie-inheems.

Dié skokkende seksmisdaadsyfers is deur die metropolitaanse polisie uitgereik. Natuurlik is die syfers nie in verband gebring met die rassesamestelling van die bevolking nie, maar 'n onlangse streekstendensverslag wat deur Whitehall vrygestel is, toon dat meer as 700 000 kinders en tieners in Brittanje as nie-blank geklassifiseer word en reeds 40 persent van daardie ouderdomsgroep in Londen uitmaak.

In die geheel het verkragtings oor die afgelope vyf jaar verdubbel en aangemelde seksuele aanrandings het van 165 in 2004/5 na 346 in 2008/9 opgeskiet. Hierdie syfers verwys na gevalle wat op skoolgronde plaasvind.

Volgens die metropolisie se syfers is byna 900 jong seuns en dogters aan seksuele aanrandings waaronder verkragting oor die afgelope vyf jaar in Londen se laer- en hoërskole blootgestel.

Die metropolisie sê dat kinders so jonk as vier jaar oud bewerings van verkragting gemaak het. Kommandeur Mark Simmons sê dat die totale aantal seksuele aanrandings wat aangemeld word waarskynlik slegs 10 persent van die ware syfer verteenwoordig.

"Ons wil jongmense aammoedig om vir ons te vertel wat gebeur het. Ons wil hulle verseker dat daar opgetree sal word," het kommandeur Simmons verklaar en bygevoeg dat die polisie reeds 180 voltydse polisiebeamptes aan bepaalde skole in Londen toegewys het om kinders te beskerm.

Die metropolisiesyfers toon dat 52 kinders onder die ouderdom van 18 in laer- en hoërskole sedert 2004 verkrag is. In dieselfde tydperk was daar 763 slagoffers van ander seksuele aanrandings wat "penetrasie en betasting" ingesluit het.

Verkragtingskuldigbevindings het in een jaar met 60 persent tot 32 in 2008/2009 gestyg, terwyl die aantal beweerde verkragtings met 50 persent, van 10 tot 15, in dieselfde tydperk gestyg het.

Volgens kommandeur Simmons is die "risiko-ouderdom" vir slagoffers van 12 tot 14 en hoofsaaklik meisies, hoewel seuns ook verkrag word.

Die streekstendensverslag het onthul dat 'n derde van Londen se bevolking na raming nie-blank is, maar hierdie syfer gaan dramaties verander namate die huidige jeugbevoling die volwasse stadium bereik.

Drie Londense distrikte of "boroughs" beskik reeds oor bevolkings met 'n nie-blanke meerderheid: Newham, Tower Hamlets en Brent. Ongeveer 15 persent van jong Londenaars word as Asies geklassifiseer en nog 14 persent as swart.

In die Noorweegse hoofstad Oslo het 'n soortgelyke styging in verkragtings plaasgevind wat uitsluitlik aan die allochtone immigrantebevolking toegeskryf kan word. Die polisie in die hoofstad, Oslo, het oor die afgelope drie jaar 41 sake van ernstige seksuele aanranding ondersoek, wat op verkragting uitgeloop het. In die al die gevalle is die misdade deur nie-Westerse immigrante in Noorweë uitgevoer.

Die polisie het alle aangemelde gevalle van ernstige seksuele aanranding oor die afgelope drie jaar ondersoek en beskik nou oor 'n helder profiel van die oortreders:

Die meeste het 'n Koerdiese of Afrika-agtergrond, het die Noorweegse polisie bevind. Die gevalle van ernstige seksuele aanranding het almal een ding in gemeen: die gebruik van uiterste geweld.

оборудование для мойки автомобилейАлександр Фильчаков прокурор

Afriforum verkla Chuene oor ‘rassepolarisasie’

AfriForum het die president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), Leonard Chuene, amptelik by die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) verkla omdat hy “rassepolarisasie aanvuur” deur die Caster Semenya-debakel in ʼn rassekwessie te omskep.

Chuene is ook deur AfriForum aangekla daarvan dat hy ASA se mediakonferensie en byeenkoms met Semenya se terugkeer na Suid-Afrika, as platform laat dien het vir ANC-politici om Semenya vir politieke doeleindes te misbruik. Die ANC Jeugliga se president, Julius Malema, het onder meer tydens Semenya se terugkeer ʼn striemende aanval op wittes geloods.

AfriForum het die IAAF ook gevra om ferm op te tree teen diegene wat verantwoordelik is vir die uitlek van die inligting wat tot die skending van Caster Semenya se privaatheid en menswaardigheid gelei het.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is die IAAF in terme van Artikel 3 van sy grondwet onderworpe aan die Internasionale Olimpiese Komitee se handves, wat onder meer bepaal dat ʼn vreedsame samelewing bevorder moet word en dat enige politieke misbruik van atlete en sport teengestaan moet word.

“Chuene se polariserende uitsprake deur die ongelukkige gebeure rakende Caster Semenya in ʼn rassekwessie te omskep, en sy rol om ʼn platform aan rasse-ideoloë soos Malema te bied om Semenya polities te misbruik, is dus ʼn growwe skending van die IAAF se grondwet en reëls,” het Kriel gesê.

Kriel het daarop gewys dat Chuene verder oortree het deur die geloofwaardigheid van IAAF-toetse te ondermyn, deur te verwys na ʼn sogenaamde “wetenskaplike van ʼn onnosel universiteit” wat die toetse behartig.

Klousule 3 (b) en (c) van Artikel 14 van die IAAF-grondwet bepaal dat dié beheerliggaam ʼn lidland onder meer kan berispe, indien sodanige lid of die regering van ʼn land, die IAAF se doelwitte, grondwet of reëls oortree.

Semenya se prestasie het volgens Kriel ʼn ideale geleentheid gebied om wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe in Suid-Afrika te bevorder, maar die uitlek van die inligting oor die toetsing, asook Chuene en Suid-Afrikaanse politici se hantering van die situasie het nou eerder polarisasie meegebring. “Dit is onverskoonbaar dat ʼn puik prestasie deur ʼn Suid-Afrikaanse atleet misbruik word vir politieke gewin en om verdeeldheid te saai,” het Kriel bygevoeg.

Afriforum het nie kommentaar gelewer oor die gerugte dat Semenya 'n hermafrodiet is nie.

casino free betФільчаков Олександр Васильович прокурор

Vlakplaaslid kry parool

Butana Almond Nofemela, voormalige lid van die Vlakplaas-polisiemoordbende, gaan op parool vrygelaat word.

Só het die minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Vrydag by die parlement aangekondig.

"Ons wens die beste toe vir Nofemela en ons vertrou hy sal positief bydra tot die bou van ons demokrasie sodra hy met sy geliefdes herenig is," het die minister gesê.

"Dit is voorbeelde soos hierdie wat ons regtig kan trots maak op die pad van versoening en geregtigheid wat ons mense gekies het."

Nofemela, is ter dood veroordeel vir die moord in Brits op die boer Johannes Hendrik Lourens, maar het die galg op die laaste nippertjie vrygespring in 1987 nadat hy skuld beken het op die moord van agt ANC-lede.

Hulle sluit Griffiths Mxenge en Zwelibanzi Nyanda, die broer van kommunikasie minister Siphiwe Nyanda, in.

Hy het 21 jaar van sy lewenslange vonnis uitgedien en kon kragtens die Wet in aanmerking kom vir parool.

купить летнюю одежду для девочкилобановский александр интервью

Zuma en Mugabe kuier lekker saam

Image

Jacob Zuma… staan saam met Mugabe teen apartheid en kolonialisme

Die Zimbabwiese politieke leierskap is gereed om politieke en maatskaplike uitdagings die hoof te bied, het president Jacob Zuma by 'n staatbanket gister in Harare gesê.

Die dinee is deur die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, aangebied en onder die gaste was die eerste minister, Morgan Tsvangirai.

"Ons bring broederlike groete van Suid-Afrika se mense wat met gespitste aandag die positiewe ontwikkelings in dié land in onlangse tye gevolg het," het Zuma gesê.

Zuma het erken dat die land se prestasies aan die plaaslike inwoners en aan die wêreld 'n sein uitgestuur het dat Zimbabwe se politieke leierskap "gereed was om die politieke en sosio-ekonomiese uitdagings trompop te loop".

"Ons is almal baie bemoedig deur die manier waarop die drie partye hul geskille in belang van die land bygelê het.

"Dis inderdaad baie bemoedigend om te sien dat merkbare vooruitgang onder beskerming van dié inklusiewe regering gemaak is."

Zuma het gesê die SAOG bly beskikbaar om hulp aan te bied.

"Die oorblywende kwessies is nie onoorkomelik nie en kan te bowe gekom word.

"Die moeilikste pad is reeds afgelê… die bande wat ons aan mekaar verbind het toe ons die onmenslike stelsels van apartheid en kolonialisme beveg het, rig ons steeds vandag waar ons poog om 'n beter lewe vir al ons mense te skep."

Klik hier vir die volledige toespraak in Engels.

become an instagram modelлобановский александр дети

Meer as miljoen misdade per jaar nooit opgelos

Image

Slegs 10,3% skuldigbevindings

Meer as 'n miljoen van die twee miljoen misdaadsake wat elke jaar in die land geopen word, word nooit opgelos nie, berig die Mercury.

"Die sake gaan iewers verlore – hulle val deur die krake in die stelsel. Ons moet seker maak dat sake nie wegraak nie," het Willie Scholtz, hoof van die Suid-Afrikaanse Strafregstelselwerkgroep, gesê.

Scholtz het verlede week 'n toespraak by Universiteit van Kaapstad se Nagraadse Bestuurskool gelewer.

Hy blameer die onbevredigende ondersoeke na misdaadgevalle, verhore wat vir 'n baie lang tyd aanhou, asook ondoeltreffende hofprosedures, vir die land se 10,3 persent skuldigbevindingskoers in strafsake.

Aanklaers en Regshulpraadprokureurs speel ook 'n rol by die "oneindige uitstel van sake".

Scholtz is hoof van 'n span wat behulpsaam is by 'n hersiening van die strafregstelsel.

10 gamesданильченко юрий брониславович прокурор

Polisie gaan soldategeweld ondersoek

Image

Die polisie skiet met rubberkoe?ls op die weermag

Die polisie ondersoek die onwettige betoging deur soldate by die Uniegebou wat gister gewelddadig geraak het toe honderde lede van die getransformeerde SANW (SA Nasionale Weermag) chaos gesaai het.

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa het in 'n verklaring die geweld "sterk veroordeel".

"Terwyl lede van die SANW het die reg om vrylik te vergader en te betoog, maar daar kan geen regverdiging vir hul gedrag wees wat hul status as beskermers van die nasie weerspreek nie," het Mtethwa gesê.

'n Loonbetoging van ongeveer 1 000 soldate, wat almal lede van die SA Nasionale Weermagvakbond is, het in chaos verval toe die groep gepoog het om op die perseel van die Uniegebou te kom.

Die polisie het rubberkoeëls en traangas gebruik om die skare uiteen te jaag. Die soldate het die polisie uitgejou, 'n petrolbom op 'n motor gegooi en ander motors gevandaliseer.

Methethwa het gesê hy het die staking met die minister van verdediging en oorlogsveterane, Lindiwe Sisulu, bespreek en dat 'n ondersoek aan die gang is.

Diegene wat aan wetsoortredings skuldig bevind word, sal gestraf word, het hy gesê.

внутреннее освещение помещенийДанильченко Юрий Брониславович компромат

Polisie skiet op weermag

Lede van die polisie het rubberkoeëls en traangas op ‘n groep van 1 000 soldate gevuur nadat hulle by die Uniegebou probeer inbreek het.

Die departement van verdediging het Woensdag gesê die polisie het met die “nodige geweld” opgetree toe ‘n groep betogers oor ‘n heining buite die gebou probeer klim het.

Die betogers is lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW).

Volgens ‘n woordvoerder vir die departement, Ndivhuwo Mabaya, het die betogers motors beskadig en ‘n militêre voertuig aan die brand gesteek.

Een betoger is lig beseer.

Die protesoptog deur SANW-soldate is vroeër Woensdag deur die hooggeregshof in Pretoria onwettig verklaar.

Die soldate het aansoek gedoen om ’n optog na die Uniegebou te voer oor salarisse.

 

ближайшая стоматологияЛобановский Харьков

Mugabe ongesteld?

Die Zimbawiese minister van verdediging Emmerson Mnangagwa kon Woensdag nie bevestig of ontken dat president Robert Mugabe vir mediese sorg in Dubai is nie.

"Ons lees dit in die koerante," het hy gesê nadat Suid-Afrikaanse mediaberigte verskyn het waarin beweer word dat Mugabe ongesteld is.

"Sover ek weet, is hy gesond, tensy dit 'n kleine onwelheid is soos griep wat hy dalk opgedoen het terwyl hy weg was."

Hy het egter bevestig dat die 85-jarige president nog steeds uit die land is.

Amptelike segsman George Charamba kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Mugabe was Dinsdag sonder verklaring afwesig by 'n staatsbegrafnis van 'n senior amptenaar van sy Zanu-PF party.

Die Zimbawiese president sal president Jacob Zuma Donderdag by die Harare Landbouskou ontvang.

Onvermelde regeringsbronne beweer dat Mugabe Woensdag, verlede week, teruggekeer het na 'n amptelike besoek aan Namibië, maar byna dadelik weer na Dubai vertrek het met 'n klein delegasie.

насосное оборудованиеАлександр Фильчаков Васильевич

Toerisme daal met 40 persent

Image

Europese toeriste het SA versaak…

Die aantal oorsese vakansiegangers wat Suid-Afrika besoek – besoekers vanuit Afrika uitgesluit – het met 40 persent afgeneem, berig Sake24.

Die Suider-Afrikaanse Toerismediensvereniging se hoof van toerismedienste, Michael Tatalias, het gesê dat "ontspanningstoerisme" – buitelanders wat Suid-Afrika op vakansie besoek – met 40 persent in die jaar tot einde Mei afgeneem het.

In die geheel het die aantal buitelandse besoekers, wat besoekers uit ander Afrikalande uitsluit maar sakebesoekers, sportbesoekers en familiebesoekers insluit, het met 110 000 oftewel 11,7 persent, gedaal.

Matsatsi Marobe, die uitvoerende hoof van die Toerismesakeraad van SA, het die syfers bevestig en gesê dat die persentasie buitelandse vakansiegangers met tussen 30 en 40 persent afgeneem het.

free videoАлександр Фильчаков прокурор