Kasrils se vrou oorlede

Voormalige president Thabo Mbeki het Maandag sy medelye teenoor oud-minister Ronnie Kasrils betuig nadat Kasrils se vrou Eleanor, die naweek oorlede is. Mbeki het Eleanor Kasrils se rol in die totstandkoming van ‘n “nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese Suid-Afrika” geloof. Mbeki se woordvoerder, Mukoni Ratshitanga, het ‘n verklaring namens die hom uitgereik. Die Independent Online berig

Lees verder: Kasrils se vrou oorlede

Voormalige hoëkommissaris aktief in Irak

Brittanje se voormalige hoëkommissaris in Suid-Afrika, Paul Boateng, is aangestel as direkteur van ’n privaat veiligheidsmaatskappy wat in Irak gekontrakteer is. Die Sunday Times het Sondag berig dat Boateng, wat Suid-Afrika in Mei verlaat het, se direkteurskap by Aegis Defence Services skaars vyf maande ná sy terugkeer beklink is. Die Britte het in Boateng se

Lees verder: Voormalige hoëkommissaris aktief in Irak

Eensames van die ortodokse geloof se godsdiensrewolusie

In die soeke na ‘n verdraagsame gespreksruimte het die Nuwe Hervormingsnetwerk (NHN) op 31 Oktober 2004 tot stand gekom. Op hierdie dag het ‘n groep mense wat hulle rug op die ortodokse leerstellinge aangaande Jesus gedraai het in Centurion vergader, onderweg na ‘n nuwe spiritualiteit. Met ortodoksie word bedoel dáárdie Christene wat die leer en

Lees verder: Eensames van die ortodokse geloof se godsdiensrewolusie

Wat is die ware feite oor ZA Sucks se webmeester?

Ek het Donderdag reeds, toe gerugte oor die inhegtenisname van die webmeester van ZA Sucks begin verskyn het, my bedenkinge gehad oor die hele storie en geskryf dat daar ‘n slang in die gras is in reaksie op die eerste berigte oor die saak. Die berig wat op ZA Sucks verskyn het rakende sy webmeester,

Lees verder: Wat is die ware feite oor ZA Sucks se webmeester?

Die Berlynse muur het nie vir ons geval nie

Tans word die ineenstorting van die Berlynse muur wêreldwyd gevier. Ongeveer ‘n maand voor daardie gebeurtenis twintig jaar gelede was ek in Berlyn waar die “skandmuur” soos die Wes-Duitsers dit genoem het, nog in al sy glorie gestaan het. Ons Wes-Berlynse vriende het aan ons verduidelik dat die kommunistiese regering in Oos-Duitsland dit ‘n “anti-fascistiese

Lees verder: Die Berlynse muur het nie vir ons geval nie

Proteas skop internasionale seisoen af

Die Proteas se internasionale krieketseisoen begin Sondag met ‘n wedstryd teen  Zimbabwe op Willowmoore Park in Benoni in die eerste van twee eendagkragmetings. Graeme Smith, die Proteas-kaptein, wil die wedstryd teen Zimbabwe ter voorbereiding vir die reeks teen Engeland wat Vrydag afskop met ‘n Twintig20-wedstryd op die Wanderers in Johannesburg, aanwend. Hy het gesê hulle

Lees verder: Proteas skop internasionale seisoen af

Boer op sy plaas vermoor

‘n Boer is Saterdagaand op sy plaas in Mpoponmeni, Pietermaritzburg, doodgeskiet, het ER24 gesê. Woordvoerder Derrick Banks het gesê die man, in sy 50’s, is gevind in ‘n plas bloed met ‘n skietwond aan sy kop. Hy is op die toneel dood verklaar. Ander lede van sy familie is ongedeerd, maar baie getraumatiseer deur die

Lees verder: Boer op sy plaas vermoor

Die Springbokke – net nog ‘n reënboogfiasko

Politiek het al te gereeld Suid-Afrikaanse rugby geboorlak, maar Vrydagaand in Engeland was dit die eerste keer wat politiek die Suid-Afrikaanse spel deurtrek het –  met, die standaard van Suid-Afrikaanse politiek in ag geneem, voorspelbare rampspoedige gevolge. Enige iets wat met die voorvoegsel “Reënboog” beslaan is, is bestem om te midde van verhewe ideale, eindelose

Lees verder: Die Springbokke – net nog ‘n reënboogfiasko