Meedoënlose Bulle troef Cheetahs

Elke keer as die Cheetahs in ’n derby speel, is tagtig persent van die land se ondersteuners ferm in hulle hoek: Hulle eie horde bewonderaars en al dié van die konsessies wat nie dié dag teen hulle speel nie. Hulle is al die ander provinsies se voetbalentoesiaste se naasgunstelingspan. O, ons hou van hulle vurigheid,

Lees verder: Meedoënlose Bulle troef Cheetahs

Kiwi’s sneuwel voor De Lange

Wel, hulle sê die duiwel wat jy ken is beter as die een onbekend aan jou. Die Nieu-Seelandse krieketspan weet darem nou watter monster die Proteas kan wees. Of weet hulle regtig? Deur die loop van die pasafgehandelde drie eendagwedstryde het hulle uitmuntende veldwerk, grasieuse kolfwerk en bitsige boulwerk van die Suid-Afrikaners beleef – net

Lees verder: Kiwi’s sneuwel voor De Lange

Wat doen ons terwyl Rome brand?

So pas het ’n berig op die Praagwebblad verskyn: Staatsamptenare steel meer as R300-miljoen. Enkele dae gelede is daar op ons Engelse blad berig dat Vorentoe-höerskool in Johannesburg deur onlusmakers aan die brand gesteek is ná ‘n leerling wat ‘n ander met ‘n mes doodgesteek het, op borgtog uitgelaat is. Sulke berigte demonstreer die verval

Lees verder: Wat doen ons terwyl Rome brand?

Staatsamptenare steel meer as R300 miljoen

Staatsamptenare het in die afgelope boekjaar R300-miljoen aan openbare fondse gesteel, berig die Sunday Times. Dié feit is vervat in ‘n verslag deur die openbare dienskommissie (OD) wat vandeesweek in die parlement ter tafel gelê is. Die OD het finansiële wanpraktyke in 39 regeringsdepartemente en nege provinsiale regerings ondersoek. ‘n Totaal van 1135 gevalle van

Lees verder: Staatsamptenare steel meer as R300 miljoen

’n Baanbreker van die Paarl

{jathumbnail off} Die eerste inrigting waar jong mense onbedoeld vir ‘n taalbeweging gereed gemaak is, was die Paarlse Gimnasium. Die oprigter in 1858 van dié suiwer Hollandse skool was ds. G.W.A. van der Lingen (1804-1869). Hy was die predikant wat ‘n voorspraak was vir die Voortrekkers en deur Andries Pretorius ‘n “waare Afrekaan” genoem is.

Lees verder: ’n Baanbreker van die Paarl

‘Kom hier!’ sê ek en my R4

Daar kan mos nie gestry word oor wat die beste algemene militêre roer is nie. Stilte! Ek het mos gesê die argument is verby. Dis die R4 en klaar. Vir ’n  geweer om in aanmerking te kom, moet dit semi-outomaties met ’n  voloutomatiese funksie hê, van ’n  dodelike kaliber wees, met ’n hoëkapasiteitsmagasyn. Met ander

Lees verder: ‘Kom hier!’ sê ek en my R4

Skalie kan groot ekonomiese inspuiting wees

Karoo se skaliegas sal die ekonomie stimuleer, sê ‘n verslag. Die verslag, geborg deur Shell, sê skaliegasreserwes sal tussen R35 miljard en R90 miljard kan bydra tot staatsinkomste, maar aktiviste gekant teen hidrobreking bevraagteken die onafhanklikheid van die studie. Selfs ‘n fraksie van die beraamde skalie-gas reserwes in die Karoo kan tot 700 000 permanente

Lees verder: Skalie kan groot ekonomiese inspuiting wees

Phosa pleit vir ekonomiese bevryding

Die ANC se tesourier-generaal Mathews Phosa het vir “ekonomiese vryheid” gepleit by die bekendstelling van die party se koffietafelboek “Eenheid in Diversiteit” in Durban Vrydag. “Ons moet op ‘n manier lei sodat ons geslag oor ‘n eeu van vandag sal sê politieke bevryding is gevolg deur ekonomiese bevryding,” het Phosa gesê. Die 12 leiers van

Lees verder: Phosa pleit vir ekonomiese bevryding