Phosa pleit vir ekonomiese bevryding

Die ANC se tesourier-generaal Mathews Phosa het vir “ekonomiese vryheid” gepleit by die bekendstelling van die party se koffietafelboek “Eenheid in Diversiteit” in Durban Vrydag.

“Ons moet op ‘n manier lei sodat ons geslag oor ‘n eeu van vandag sal sê politieke bevryding is gevolg deur ekonomiese bevryding,” het Phosa gesê.

Die 12 leiers van die ANC het hul rol gespeel vir die land, sê hy. Hy beskryf hulle as die “12 wyse manne”.

“‘n Honderd jaar van nou af, sal daar nog ‘n boek soos hierdie wees; wat wil ons hê die lesers moet sê oor ons?”

Phosa het erken dat die land se grootste probleem dienslewering is.

“Ons moet implementering opskerp om seker te maak dat dienslewering by die armstes van die armes in ons land uitkom.”

Onderwys is noodsaaklik vir die groei van die ekonomie, sê hy.

“Ons moet die vaardigheid van ons mense verbeter, werk skep en vennootskappe in verskeie dele van die wêreld sluit,” het Phosa gesê.

KwaZulu-Natal se premier Zweli Mkhize het gesê die land moet die infrastruktuurplan wat aangekondig is deur president Jacob Zuma in sy landstoespraak omhels.

“Ons moet die plan vir ‘n sinryke en beter toekoms vir Suid-Afrika omhels. Die plan sal ons ekonomie stabiliseer.”

Hy het gesê dat welvaart nie beteken dat ‘n persoon ‘n miljardêr moet wees nie.

“Dit is om te verseker dat geen kind honger gaan slaap nie, en dat almal ‘n werk het.”

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae