Malema se skorsing ‘n tragedie sê minister

Die uitsetting van Julius Malema uit die ANC is ‘n “politieke tragedie”, het sportminister Fikile Mbalula Vrydag gesê

Hy het aan die SAUK se radionuus gesê: “Ek beskou dit as ‘n politieke tragedie vir almal van ons wat kom uit die geledere van die Jeugliga. Julius en sy generasie het werklik ‘n slag gely sonder dat ons tot die besef gekom het of dit getoets het.”

Mbalula het gesê hy was jammer vir die ANC oor die gebeure, maar het bygevoeg hy glo dat die Jeugliga sal oorleef.

“Natuurlik het ons ‘n groot voordeel gehad om polities gelei te word met al die foute wat ons begaan het, maar ons oudstes en die mense rondom ons was ‘n wonderlike span wat na ons omgesien het en ons gekoester het,” het hy gesê.

“Hulle was baie geduldig met ons. As hulle nie was nie, sou ons geskors gewees het.”

Mbalula is deur die ANCJL aangewys om die huidige ANC-sekretaris-generaal Gwede Mantashe by die party se elektiewe konferensie in Bloemfontein in Desember te vervang.

Die ANC het gister aangekondig dat Malema uit die party geskors is nadat hy onder meer skuldig bevind is aan die saai van verdeeldheid in die party se geledere.

Фильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae