‘Ongehoorde barbaarsheid en brutaliteit’

‘n Swart Kongolese egpaar is skuldig bevind in ‘n Britse hof Donderdag van die moord op ‘n 15-jarige seun wat hulle van heksery beskuldig het. Hulle het hom erg geslaan en daarna in die bad verdrink.

Eric Bikubi, 28, en Magalie Bamu, 29, albei oorspronklik van die Demokratiese Republiek van die Kongo, het die moord op Bamu se 15-jarige broer Kristy op 25 Desember 2010, by hul huis in die ooste van Londen ontken.

Kristy het 130 beserings gehad het toe hy gesterf het nadat hy gemartel is deur sy suster en haar kêrel tydens ‘n “uitdrywing”, het die Old Bailey in Londen gehoor.

Die tiener en vier van sy broers en susters het van hul huis in Parys kom kuier by die egpaar in Londen oor Kerstyd.

Bikubi het al die kinders beskuldig daarvan dat hulle kindoki – of voedoe – in sy huis ingebring het en hulle geslaan, maar hy het veral geweld teen Kristy gebruik, en hom drie dae lank met messe, metaalpype en ‘n hamer aangerand.

Die tiener se tande is uitgeslaan, keramiekvloerteëls en bottels is verpletter op sy kop en ‘n tang is gebruik om sy oor te draai.

Hy was in soveel pyn dat hy “gesmeek het om te sterf”, het die jurie gehoor. Toe hy in die bad gedruk is deur Bikubi, “was hy net te erg beseer en uitgeput om sy kop bo die water te hou”, het die aanklaer Brian Altman gesê.

Dit was ‘n “langdurige aanval van ongehoorde barbaarsheid en brutaliteit”, het Altman gesê: “Kristy is vermoor in die naam van heksery.

“Dit is moeilik om te glo in hierdie dae en tye dat enigiemand kan glo dat iemand heksery beoefen.”

Dr Richard Hoskins, ‘n deskundige getuie wat kindoki vir 25 jaar lank al bestudeer, het gesê dit is ‘n “uiters wydverspreide” geloof onder Kongolese mense, insluitend dié in Brittanje.

“Selfs hier in Londen en tussen opgevoede mense, het ek baie ontmoet en met baie swart mense gesels wat glo in kindoki en dink dit het mag,” het hy gesê.

Kristy se susters, tussen die ouderdomme van 20 en 11, is ook geslaan, maar is laat gaan nadat hulle ‘n ‘belydenis’ gemaak het. Die ander twee broers, 13 en 22 met outisme, is gedwing om deel te neem in die marteling.

topcargo отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae