Die wet is in ‘n derde en finale lesing met 29 parlementariërs ten gunste en vyf daarteen, ingestem. Dit sal voortaan onwettig wees om “propaganda” onder minderjariges onder die ouderdom van 18 in die guns van homoseksualiteit en pedofilie te versprei.
Maar gayregtegroepe het gesê die wet is gevaarlik want dit word aan die willekeur van die owerhede oorgelaat om te besluit wat is ‘propaganda’. Dit kan beteken dat gays ook gestraf kan word vir hul lewenstyl as dit rugbaar raak.
“Hierdie wet is ‘n skande vir die Sint Petersburg-parlement,” sê-Olga Galkina van die Yabloko-liberale party, wat almal met een uitsondering na, teen die wet gestem het.
“Hoe sal burgers hul regte beskerm? Die owerhede is amper bevoeg om te bepaal of dit is propaganda of leefstyl sal wees,” het sy aan AFP gesê.
Maar die wet is sterk ondersteun deur Sint Petersburg se goewerneur, Georgi Poltawtsjenko en hy het ook belowe om ‘n soortgelyke inisiatief by die federale Doema-parlement vir goedkeuring landwyd te loods.
“Ek het nie ‘n enkele woord in hierdie wet gesien wat nie in lyn met Russiese wette is nie,” het een van die inisieerders van die nuwe wet, Witali Milonof van die regerende Verenigde Rusland-party, aan AFP gesê.
“Homofobie is ‘n term wat uitgedink is deur die mense van ‘n nie-tradisionele seksuele oriëntasie oor mense wat nie die manier waarop hulle leef, verstaan nie,” het hy bygevoeg.
Oortreders sal gestraf word met ‘n boete van tot 50 000 roebel indien skuldig bevind word aan die bevordering van homoseksualiteit.
Die boetes vir die bevordering van pedofilie, ‘n integrale deel van homoseksualiteit in die wet, sal tot ‘n miljoen roebel gestel word.
Die wet verbied dit “om propaganda te maak deur middel van openbare handelinge vir homoseksualiteit, lesbianisme, biseksualiteit en trans-genderisme onder minderjariges.”
Volgens die wet beteken dit die verspreiding van inligting “skadelik vir die gesondheid en morele en geestelike ontwikkeling van minderjariges, insluitende die vorming van verwronge idees oor die sosiale balans tussen tradisionele en nie-tradisionele getroude verhoudings”.
