OUT bekommerd oor gay-moorde

Minstens agt gay mans is in hul huise vermoor sedert 2010 in Gauteng, het die OUT-Lesbiese, Gay, biseksuele, en transgendergroep Donderdag gesê.

Nie een van die gevalle is nog opgelos nie, sê OUT se direkteur, Dawie Nel in ‘n verklaring.

Die groep het ‘n beroep op die polisie vir dringende optrede gedoen na aanleiding van die mees onlangse moord van die 67-jaar-oue Johannesburgse teaterbestuurder Rulov Senekal, in sy Braamfonteinwoonstel, in Johannesburg Saterdag.

“Al agt vermoorde slagoffers was gay. Hulle is in hul eie huise vermoor, min of niks is gesteel nie, daar was geen teken van gedwonge toegang nie, en die meeste van hulle is verwurg.”

Hy het gesê die OUT-span gaan hierdie sake met die betrokke polisiekantore opvolg.

Die polisiewoordvoerder, sersant Jenny Pillay, het gesê geen arrestasies is gemaak in verband met die moord van Senekal nie.

Sy het geweier om ingetrek te word oor die ander gevalle van moord.

“Ek kan nie kommentaar lewer op die bewerings wat gemaak word nie,” het sy gesê.

Фильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae