“Die SDK ondersoek tans die saak na die ontvangs van ‘n klagte oor beweerde oortredings van artikel 30 van die Staatsdienswet deur mnr. J. Manyi,” het woordvoerder Ricardo Mahlakanya in ‘n verklaring gesê.
Hierdie afdeling van die Wet bepaal dat geen beampte of werknemer besoldigde werk buite die staatsdiens kan verrig sonder toestemming nie, tensy dit is in hul diensvoorwaardes aangedui word.
Die SDK het die minister in die Presidensie Collins Chabane van die uitslag van die ondersoek laat weet.
Manyi wou nie kommentaar lewer oor die saak nie en het vroeër gesê: “Ek het nie die Staatsdienskommissie se finale verslag gesien nie”.
Business Day het gister op die voorblad berig dat die Vryheidsfront Plus ‘n klag by die SDK in Maart 2011 gelê het. Die VF Plus het voorgestel dat Manyi vergeet het om die verdienste van sy posisie as ‘n Black Management Forum-direkteur te verklaar.
Volgens die koerant het die kommissie aanbeveel dat Chabane ‘n dissiplinêre verhoor moet hou oor Manyi se beweerde buitevergoeding.
