praag.co.za

Staatsamptenare steel meer as R300 miljoen

Written by

in

Staatsamptenare het in die afgelope boekjaar R300-miljoen aan openbare fondse gesteel, berig die Sunday Times.

Dié feit is vervat in ‘n verslag deur die openbare dienskommissie (OD) wat vandeesweek in die parlement ter tafel gelê is.

Die OD het finansiële wanpraktyke in 39 regeringsdepartemente en nege provinsiale regerings ondersoek.

‘n Totaal van 1135 gevalle van finansiële misdrywe is gedurende die 2009/2010-boekjaar deur staatsamptenare gepleeg.

Van hulle is 998 daaraan skuldig bevind dat hulle R346-miljoen uit die staatskas gesteel het, berig die koerant. Die syfer is die hoogste wat in vyf jaar opgeteken is – dit verteenwoordig ‘n verbysterende styging van 346 persent vergeleke met die R100-miljoen in 2008/2009.

Die OD het die regering sterk gekritiseer omdat hy nie strafregtelike vervolgings instel nie.

“Die versuim om strafregtelike vervolgings in te stel… mag gevalle van finansiële misdrywe aanmoedig sodat dit verder styg,” meen die verslag.

данильченко юрій Харків

Comments

Leave a Reply