10:52:54 In ons huidige politieke bestel, tas die leierlose Afrikaner rond vir oplossings vir die voortbestaan van beide sy taal en sy identiteit. Talle Afrikanerpolitieke “profete” skaar klein groupies om hulle, elk met sy eie “oplossing” vir die volk, met eie vlag en politieke simbole. Hulle val mekaar en ander Afrikaners vurig aan, meer as wat hulle die Afrikaner se werklike vyande aanval. Die oorgrote meerderheid Afrikaners steur hulle nie eers meer aan die politiek nie. Wanneer hulle wel by die stembus stem, stem hulle eerder vir politieke partye wat geen program vir Afrikanerbelange het nie, eerder as vir die enigste Afrikanerpolitieke party in die parlement. Die rede? Afrikanerpolitieke “leiers" (sonder meerderheidAfrikanermandaat in elk geval) binne en buite die parlement het nie meer geloofwaardigheid onder die Afrikaners nie.

Lees verder: Afrikaner moet bou op feite, nie drome