Die konferensie gaan die besonderhede van 'n nuwe ooreenkoms oor aardverwarming bespreek wat na 2012 in werking sal tree.
Die byeenkoms volg op die akkoord wat verlede jaar in Desember op die Indonesiese eiland Bali bereik is en wat die belofte inhou dat die VSA, Indië en China sal saamwerk om koolstofuitlaatgasse te beheer wat allerweë vir aardverwarming verantwoordelik gehou word.
By die Bali-konferensie is ooreengekom dat 'n nuwe klimaatveranderingskonvensie teen Desember 2009 geteken sal word.
Volgens Yvo de Boer, die VN se topbeampte oor klimaatsverandering, gaan die regte werk nou eers in Bonn begin.
