OKD-beampte vas vir omkopery en afpersing

Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) het ‘n polisiebeampte in hegtenis geneem wat na bewering by omkopery betrokke was. Die beampte is Maandag in hegtenis geneem. Die arrestasie spruit uit ‘n voorval toe ses polisiebeamptes na Wentworth, in Durban gegaan het, om ‘n man se woning te deursoek. Die polisie het op ‘n klein hoeveelheid dagga afgekom,

Lees verder: OKD-beampte vas vir omkopery en afpersing

Frankryk sê jammer

Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) se president, Oregan Hoskins, het Frankryk se verskoning oor die volksliedfiasko in Toulouse aanvaar. “Ek aanvaar dat daar geen opsetlike bedoelings deur die Franse Rugby-unie was om die landslied te saboteer nie. Die saak is nou afgesluit,” het Hoskins gesê. “Ek verstaan steeds nie hoe die kunstenaar in so ‘n posisie

Lees verder: Frankryk sê jammer

Buitelanders weer onder skoot

Sowat 1 000 buitelanders het uit plakkerskamp buite De Doorns in die Wes-Kaap gevlug nadat nuwe gevalle van xenofobie hier uitgebreek het. Polisie het Dinsdag gesê geen gevalle van fisieke geweld teen buitelanders is aangemeld nie. Volgens supt. Desmond van der Westhuizen het spanning sedert verlede week in die gebied begin opbou. Dinsdagoggend het plaaslike

Lees verder: Buitelanders weer onder skoot

‘Jozi se paaie beter as Duitsland vir 2010’

Johannesburg se paaie sal betyds vir die 2010-wêreldbekertoernooi opgeknap wees, het die stad se padagentskap Dinsdag gesê. “Dit is ons doel dat mense wat hierheen kom ‘n wêreldklas ondervinding sal geniet. Ons eerste prioriteit is om die stad reg te kry vir 2010,” het woordvoerder Thulani Makhubela tydens ‘n mediakonferensie gesê. Makhubela het inwoners verseker

Lees verder: ‘Jozi se paaie beter as Duitsland vir 2010’

SAPD gaan van swak na swakker

Nuwe data toon dat die SAPD agteruitgaan, en dit wil voorkom of die regering dit nie as ‘n prioriteit sien om dié probleem aan te spreek nie, het die DA Dinsdag gesê. “Antwoorde op ‘n klomp parlementêre vrae het getoon dat gevalle van verlore en gesteelde polisiedossiere met 57% vermeerder het en dat ophopings van

Lees verder: SAPD gaan van swak na swakker

Japan vra dat vuvuzela verbied word

Die sokkerhoof van Japan het ook nou ook sy stem laat hoor oor die raserige vuvuzela. Hy voel dat dié tradisionele instrument nie by volgende jaar se Fifa Sokker Wêreldbeker toegelaat behoort te word nie en liewer verbied moet word. Fifa het onlangs die versoek om die plastiekinstrument gedurende die wêreldbeker te verbied, verwerp. Japan

Lees verder: Japan vra dat vuvuzela verbied word

21 in Noordwes vas oor geweld

21 mense, waaronder agt jeugdiges, is in hegtenis geneem vir openbare geweld tydens ‘n protesoptog oor dienslewering in Seweding naby Mafikeng in die Noordwes. Supt. Lesego Metsi, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê sowat 500 inwoners het bande aan die brand gesteek en die paaie versper nadat die premier van die Noordwes glo versuim het om hulle

Lees verder: 21 in Noordwes vas oor geweld

Transformasie bevorder rassisme

Vanweë ons lang geskiedenis van konflik kan dit nie ontken word dat diep gewortelde spannings tussen Suid-Afrika se volksgroepe steeds heers en vir baie dekades nog sal heers nie. Daardie spannings heers reeds vir tweehonderd jaar en dateer terug na die eerse Xhosa-oorlog in 1811, waarna nog agt volwaardige oorloë in die Ooskaap gevolg het,

Lees verder: Transformasie bevorder rassisme