Die sogenaamde ‘landswye’ verkiesing

Ek wonder hoeveel Suid-Afrikaners bewus is van die feit dat daar op 24 September 2011 ‘n verkiesing onder “blanke” Afrikaners in die land plaasgevind het? Die doel van die organiseerders van hierdie verkiesing, die “Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK)” [Let op die verkeerde spelling], was om o.a. “…drogredenasies, soos dat ‘ons [blanke Afrikaners] nie kan saamstaan

Lees verder: Die sogenaamde ‘landswye’ verkiesing

Zim-grondgryp sal nie in SA gebeur nie, sê Zuma

Zimbabwe-styl grondgryp sal nie in Suid-Afrika gebeur nie, het president Jacob Zuma dié week gesê. “Ek dink nie die Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese grondwette is dieselfde nie. Ons grondwet is baie belangrik, want dit lei ons in wat ons doen,” het Zuma gesê. Hy het gepraat tydens ‘n sake-ontbyt in Sandton Maandagoggend, wat georganiseer is deur

Lees verder: Zim-grondgryp sal nie in SA gebeur nie, sê Zuma

Dalai Lama is welkom sê Motlanthe

Adj.pres. Kgalema Motlanthe het gesê die regering was van plan om die Dalai Lama se visumaansoek goed te keur, berig The Star. Dié koerant het Motlanthe gevra of die regering die Tibettaanse geestelike leier se visumaansoek sou goedkeur indien hy nie sy besoek aan Suid-Afrika gekanselleer het nie. “Natuurlik, hy het die land al voorheen

Lees verder: Dalai Lama is welkom sê Motlanthe

Sakelui befonds glo destabilisasie van ANC in Gauteng

‘n “Berugte bende van anargiste” wat sakelui insluit en wat by kontantrooftogte betrokke is, poog om die Gautengse ANC te destabiliseer, het die party Woensdag gesê. “Ons is baie bekommerd oor wat lyk na ‘n goed befondsde en gekoördineerde veldtog om nie net Tshwane nie, maar die hele provinsie van Gauteng te probeer destabiliseer,” het

Lees verder: Sakelui befonds glo destabilisasie van ANC in Gauteng

Was God ooit lief vir die Afrikanervolk?

In die voortdurende debat oor ‘n volkstaat vir die Afrikanervolk of dan enige vorm van beheer oor eie sake, is dit baie duidelik dat ‘n groot persentasie Afrikaners glo dat die volk ‘n uitverkore volk van God is – eintlik dié uitverkore volk. Die sieninge wissel van die gematigde oortuiging dat God (sien nota hieronder)

Lees verder: Was God ooit lief vir die Afrikanervolk?

Frankryk trek skaliegaspermitte terug

Franse president Nicolas Sarkozy, het tydens ‘n besoek aan die suide van Frankryk Dinsdag, beloof daar sal geen skaliegasontginning in die streek wees nie en het bevestig dat die staat drie eksplorasiepermitte teruggetrek het. “Ek wil die geleentheid wat ek het hier neem om te bevestig dat daar geen skaliegaseksplorasie deur hidrouliese breking in hierdie

Lees verder: Frankryk trek skaliegaspermitte terug

Malema reik uit na arm Afrikaners

Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, het Dinsdagaand by OR Tambo-gedenklesing by die Universiteit van Limpopo in Mankweng gepraat en wittes uitgenooi om deel te word van die stryd teen armoede. Hy het Afrikaners uitgesonder toe hy na wit armoede in plekke soos Pretoria verwys het. “Armoede ken geen kleur nie, armoede diskrimineer nie.” “Hierdie

Lees verder: Malema reik uit na arm Afrikaners

Jeugliga is kleurblind in die Wes-Kaap

Die ANC-Jeugliga in die Wes-Kaap het oproepe om die insluiting van bruinmense in die provinsiale leierskorps verwerp. Die Liga sê hy kies nie mense op grond van kleur nie. Dit volg na berigte dat sommige lede gevra het vir die insluiting van bruinmense om die provinsie se demografie te weerspieël en meer bruinmense na die

Lees verder: Jeugliga is kleurblind in die Wes-Kaap

Sirië dreig om Israel aan te val as NAVO iets probeer

Die Siriese president Bashar Assad het Dinsdag gedreig om die Midde-Ooste aan die brand te steek, en veral vir Israel, as NAVO aanvalle op Sirië loods, het die Iranse Fars-nuusagentskap berig. In ‘n vergadering met die Turkse minister van buitelandse sake Ahmet Davutoglu, het die Siriese president oor die moontlikheid van ‘n NAVO-aanval gesê: “Ek

Lees verder: Sirië dreig om Israel aan te val as NAVO iets probeer

Rusland wil seksoortreders kastreer

Die chemiese kastrasie van kindermolesteerders sal binnekort waarskynlik in Rusland toegepas word. President Dmitri Medwedef het dié omstrede maatreël in Mei vanjaar voorgestel. Russiese wetmakers het intussen die wetsontwerp, wat reeds ondersteuning in die Kremlin geniet, ook goedgekeur. Die wetsontwerp sal nog twee keer voor die parlement dien voor parlementslede daaroor stem. Die wetsontwerp sal net

Lees verder: Rusland wil seksoortreders kastreer