Dalai Lama is welkom sê Motlanthe

Adj.pres. Kgalema Motlanthe het gesê die regering was van plan om die Dalai Lama se visumaansoek goed te keur, berig The Star.

Dié koerant het Motlanthe gevra of die regering die Tibettaanse geestelike leier se visumaansoek sou goedkeur indien hy nie sy besoek aan Suid-Afrika gekanselleer het nie.

“Natuurlik, hy het die land al voorheen besoek. Ek kan glad nie sien hoekom dit ‘n probleem moet wees nie.”

Die Dalai Lama het in Augustus aansoek gedoen vir ‘n visum om Suid-Afrika te besoek vir emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu se 80ste verjaarsdag wat Vrydag gehou word.

Motlanthe, wat onlangs teruggekeer het van China, het ontken dat Beijing druk op die land uitgevoer het om die Dalai Lama se visumaansoek af te keur.

Daar word wyd geglo dat die regering voor druk van China – sy grootste handelsvennoot – geswig het. China sien die Tibettaanse geestelike leier as iemand wat die land wil verdeel en raai buitelandse leiers af om gasheer vir hom te wees.

Intussen het Desmond Tutu het Woensdag gesê die Dalai Lama is een van die heiligste mense, ‘n vryheidsvegter en agent vir verandering. Hy het gesê hy is gewalg deur die ANC-regering.

Tutu het in ‘n onderhoud met Redi Tlhabi van TalkRadio 702 gesê die Tibetaanse feodale geestelike is ‘n wêreldfiguur.

Tutu het gesê dat China die grootste onderdrukker van sy mense is.

“Ons het die struggle verraai. Die mense wat gestry het, moet in hul graf omdraai.”

“Ons sal bid, soos ons gebid het vir die ondergang van die apartheidsregering. Ons sal bid vir die val van ‘n regering wat ons nie verteenwoordig nie,” het Tutu vroeër aan verslaggewers in Kaapstad gesê.

Matthew McDonald, ‘n ontleder by die Sentrum vir Chinese Studies by die Universiteit van Stellenbosch, het gesê die kwessie het “buite verhouding” ge-eskaleer.

“Daar is nou agterdog oor beweerde Chinese druk, selfs al weet ons nie of daar enige in hierdie geval was nie. Daar is vrae rondom die verklaarde waardes van Suid-Afrika se buitelandse beleid – en ‘n vraag oor hoe soewerein Suid-Afrika is in sy besluite. Daar is ‘n ongelukkige die burgerlike samelewing daarbuite.” het hy gesê.

topcargo

Maak 'n opvolg-bydrae