Rusland wil seksoortreders kastreer

Die chemiese kastrasie van kindermolesteerders sal binnekort waarskynlik in Rusland toegepas word.

President Dmitri Medwedef het dié omstrede maatreël in Mei vanjaar voorgestel.

Russiese wetmakers het intussen die wetsontwerp, wat reeds ondersteuning in die Kremlin geniet, ook goedgekeur.

Die wetsontwerp sal nog twee keer voor die parlement dien voor parlementslede daaroor stem.

Die wetsontwerp sal net van toepassing wees op seksuele oortredings teen kinders jonger as dertien, deur individue wat met ‘n geestesversteuring gediagnoseer is.

Фильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae