Sirië dreig om Israel aan te val as NAVO iets probeer

Die Siriese president Bashar Assad het Dinsdag gedreig om die Midde-Ooste aan die brand te steek, en veral vir Israel, as NAVO aanvalle op Sirië loods, het die Iranse Fars-nuusagentskap berig.

In ‘n vergadering met die Turkse minister van buitelandse sake Ahmet Davutoglu, het die Siriese president oor die moontlikheid van ‘n NAVO-aanval gesê: “Ek sal nie meer as ses ure nodig hê om honderde vuurpyle na Golan te bring om op Tel Aviv te vuur as so ‘n gekke stap teen Damaskus geneem word nie.”

Davutoglu het na berig word ‘n boodskap van waarskuwing uit die VSA aan Assad oorgedra. Die Iranse verslag is nog nie deur ander bronne bevestig nie.

Volgens die Fars-nuusagentskap, het die Siriese president beklemtoon dat Damaskus ook die Hezbollah in Libanon sal vra om ‘n gelyktydige vuurpyl- en missielaanval op Israel te loods, een wat die Israeliese intelligensie nooit sou kon verbeel nie.

“Al hierdie gebeurtenisse sal binne drie ure plaasvind, maar in die tweede drie uur, sal Iran Amerikaanse oorlogskepe in die Persiese Golf aanval soos wat Amerikaanse en Europese belange gelyktydig geteiken word.

topcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae