Emmerstelsel nog tot in 2014

Die Minister van Waterwese en Bosbou, Lindiwe Hendricks, sê die gebrek aan sanitasie het nie alleen ‘n negatiewe invloed op gesondheid nie, maar staan ook in die pad van ontwikkeling. Hendricks het in Durban gepraat tydens die tweede Afrikakonferensie oor  sanitasie en higiëne. Meer as veertig Afrikalande was by die konferensie verteenwoordig. Hendricks sê die gebrek

Lees verder: Emmerstelsel nog tot in 2014

Transformasieteikens is twak

Op 11 Februarie het Die Burger hier in die Kaap 'n hoofartikel onder die opskrif Krieket gepubliseer. Ek kon nie glo wat ek daar lees nie, nl. dat Suid-Afrikaners, en almal oor die wêreld heen wat sport volg, weet en aanvaar dat transformasieteikens deel geword het van die wyse waarop Suid-Afrika se nasionale sportspanne vir die afsienbare toekoms saamgestel moet word.

Lees verder: Transformasieteikens is twak

Potch-amptenaar ry seun dood

‘n Veertienjarige-seun  is dood nadat hy deur  deur ‘n amptenaar  van  die burgemeester van Tlokwe-munispaliteit in Noordwes raakgery is. Die amptenaar, Kaizer Mohao, het na bewering ‘n voertuig van die munisipaliteit onder die invloed van alkohol bestuur toe hy die seun in Ikageng raakgery het.   Die seun is later die aand in die Potchefstroom-hospitaal

Lees verder: Potch-amptenaar ry seun dood

Sokkerw?reldbeker ‘sal suksesvol wees’

Die 2010 Sokker wêreldbeker sal steeds suksesvol  deur Suid-Afrika behartig word ten spyte van struikelblokke.  Organiseerders sê  die voorbereiding vir die geleentheid loop volgens plan, nieteenstaande  binnegevegte, die oorbesteding van fondse en kragonderbrekings. Irvin Koza, die voorsitter van die plaaslike organiserende komitee, meen die  aangeleentheid kan nie misluk nie en sê hulle sal deur sameweking

Lees verder: Sokkerw?reldbeker ‘sal suksesvol wees’

Wat van Namibi

Dis ‘n moelike brief om te skryf, want ek wil regtig soveel hier in sê. Ons is regtig keelvol vir die manier waarop hierdie land bestuur word en die absolute verval van alles. Ons skole, paaie, krag, gesondheidsdienste, alles is een groot gemors. Die ergste is wanneer jy begin wonder oor die toekoms. Dan besef jy dit gaan nie verander nie. Die leiers wat in die tou staan om oor te neem is die een meer korrup as die ander. Gisteraand op Carte Blanche kon ’n mens in Zuma se oë sien hy gaan vir ons probleme veroorsaak. Ons kan maar mooi broodjies probeer bak, maar die skrif is aan die muur. Daar is ook geen manier waarop die ANC die geweld in die land gaan oplos nie.

Lees verder: Wat van Namibi

ANC-lede loop oor na Inkatha

ANC-lede  skakel nou in by die Inkathavryheidsparty. Die Vryheidsparty het drie honderd en vyftig lede van die ANC  van Kwazulu-Natal verwelkom. Volgens ‘n VP-woordvoerder het die verwelkoming Saterdag by ‘n seremonie in Pongola plaasgevind.  Die woordvoerder sê  die party poog om Kwazulu-Natal se steun te wen en die amptelike opposisieparty te word. фото бани изнутриtopcargo

Lees verder: ANC-lede loop oor na Inkatha

Eskom moet duur steenkool koop

Die elektrisiteitsvoorsiener, Eskom, staar ‘n moeilike transaksie in die gesig wanneer gepoog sal word om meer as vyftig miljoen ton steenkool aan te koop om hulle bykans uitgeputte voorrade te probeer aanvul. Die Uitvoerende Voorsitter van Richardsbaai se Steenkoolstasie, Kuseni Dlamini, sê die onderhandelinge sal styf wees omdat die steenkoolprys uitermatig gestyg het. Dlamini het kommentaar gelewer

Lees verder: Eskom moet duur steenkool koop

Bush striem Mugabe

President George Bush het Zimbabwe se President, Robert Mugabe, beskryf as ‘n oneerbiedige diktator.  Hy sê ‘n alleenheerser in Zimbabwe het beheer oor die voedseltekorte, uitspattige inflasie en streng onderdrukking.  Hy het bygevoeg dat Amerika sal voortgaan om die vryheid in Zimbabwe te ondersteun en so moet buurstate, Suid-Afrika inkluis, ook handel. By die Verenigde

Lees verder: Bush striem Mugabe

Edelmetale behoort vandeesweek te skitter

Edelmetale sal na alle verwagtinge weer in die markte skitter hierdie week. Skattings van ernstige tekorte het goud en veral platina hemelhoog gedryf. Goud het die negehonderd-dollar kerf met gemak verby gesteek en die grootste gedeelte van die week bo dié vlak verhandel. Maar dit was platina wat plaaslike markte oorheers het. Suid-Afrika produseer tagtig

Lees verder: Edelmetale behoort vandeesweek te skitter

Elf rowers gevang

Elf mans wat vermoedelik betrokke is  by kontant-in-transito-misdrywe  is in hegtenis geneem. Die mans was deel van operasie Thunderbolt wat toegeslaan het op rowers wat kontant-in-transitorooftogte, pensioenfondsbedrog, diefstal en kapings in die gebied deurgevoer het.  Die Oos-Kaapse polisie het die mans Saterdag in Qumbu in hegtenis geneem en tien ongelisensieerde vuurwapens is gekonfiskeer. Die polisiewoordvoerder

Lees verder: Elf rowers gevang