Nee, geagte meneer die redakteur, wat my kursiefgedeeltes betref, slaan u die krieketbal geheel en al en toetentaal mis. Almal oor die wêreld heen aanvaar nie transformasieteikens as ’n moet nie. U moet u woorde asseblief soos volg vervang: almal moet lees stiksienige politici en ’n klompie wensdinkende koerantredakteurs; aanvaar moet in die negatief gestel word want dis ’n doodgewone leuen; transformasieteikens is tog duidelik transformasiekwotas; en laastens moet u asseblieftog moet verander na moet volgens die ANC. As u dit doen, is u nader aan die waarheid en verder weg van die politieke leuen wat u aan ons wil verkondig. Glo u werklik dat ons almal alles wil transformeer? Hoekom sal ons dit wil doen as 95% van alles wat tot dusver getransformeer is, eers swart, toe Engels en toe disfunksioneel geraak het? Hoekom sal ons met ’n heilige gesig ’n kwota ’n teiken noem? Ek stel voor u kom saam met my skietbaan toe en dan wys ek u hoe lyk ’n teiken.
