Frankryk, VSA wil uit Afghanistan

Die Franse minister van Buitelandse sake sê Frankryk en die VSA oorweeg die moontlikheid om hul onttrekking van troepe uit Afganistan te bespoedig ná die dood van Osama bin Laden. Sowat 4 000 troepe van Frankryk is betrokke by Amerikaanse- en Navosendings in Afganistan. Minister Alain Juppe het gesê Frankryk en sy bondgenote sal ondersoek

Lees verder: Frankryk, VSA wil uit Afghanistan

VN kritiseer Afrika oor landbou

Kanayo Nwanze, die hoof van die Verenigde Nasies se Landelike Ontwikkelings-afdeling, het Afrikalande gekritiseer omdat hulle nie minstens 10% van hul nasionale begrotings aan landbou bestee nie. Hy het gesê dit is een van die resolusies wat die Afrika-Unie in 2003 in Maputo aanvaar het. Nwanze het in Kaapstad tydens die bekendstelling van die 2011

Lees verder: VN kritiseer Afrika oor landbou

EU plaas pro-Mugabe-joernaliste op swartlys

Die Europese Unie sê ses joernaliste van Zimbabwe se staatsmedia is op ‘n swartlys geplaas omdat hulle haat in hul beriggewing aanhits. Aldo Dell’Ariccia, EU-ambassadeur, het Woensdag gesê die joernaliste se werk kan as “aanhitsing tot haat” beskou word. Die joernaliste, wat President Robert Mugabe sterk ondersteun, tel onder sowat 200 individue, wat met Mugabe

Lees verder: EU plaas pro-Mugabe-joernaliste op swartlys

NG Kerk bekommerd oor ANC se godsdiensuitspraak

Die NG Kerk het Woensdag hul kommer uitgespreek oor opmerkings van ‘n pastoor wat gesê het die ANC, Cosatu en die SAKP is die heilige Drie-eenheid en Jesus was ‘n kommunis. “Terwyl ons ons eie geskiedenis in hierdie opsig in ag neem, asook dieselfde foute wat ons in die verlede gemaak het, let ons as

Lees verder: NG Kerk bekommerd oor ANC se godsdiensuitspraak

Geregtigheid, op die Amerikaanse manier

Uitbundige vieringe op Pennsylvania Avenue in Washington Sondagnag ná die aankondiging van Osama Bin Laden se dood, laat ‘n mens wonder wat die Amerikaanse publiek verstaan van internasionale reg en die wette van oorlog. Hulle woon in ‘n land wat graag daarmee spog dat hulle albei met groot erns bejeën en dit graag wil uitvoer

Lees verder: Geregtigheid, op die Amerikaanse manier

Biobrandstof, die tyd is nou

Met die prys van olie en brandstof wat steeds hoër word en kommersiële boere wat steeds meer sukkel om winsgewend te boer, is dit tyd dat Suid-Afrika nou ernstig ‘n eie biobrandstofbedryf oorweeg,” het dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye tydens die Landboubegrotingspos-debat in die Parlement gesê. Die vrees dat biobrandstof die

Lees verder: Biobrandstof, die tyd is nou

Die betekenis van Bin Laden se dood

Die Verenigde State het verlede week aan die Irakse regering gesê as hulle wil hê Amerikaanse troepe moet aanbly in Irak ná die sperdatum van 31 Desember 2011, soos bepaal deur die huidige status-van-magte-ooreenkoms tussen Washington en Bagdad, sou dit raadsaam wees om die Verenigde State vinnig in te lig. Tensy ‘n nuwe ooreenkoms binnekort

Lees verder: Die betekenis van Bin Laden se dood

PRAAG uiters bekommerd oor SA persvryheid

Ter geleentheid van Wêreldpersvryheiddag wat vandag gevier word, het PRAAG sy “uiterste kommer oor Suid-Afrikaanse persvryheid” uitgespreek. Die leier van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, dr. Dan Roodt, het in Johannesburg verklaar: “Ope debat en om dissidente menings uit te spreek, word toenemend in Suid-Afrika aan bande gelê. Die regerende party beheer die SAUK terwyl die toenemende

Lees verder: PRAAG uiters bekommerd oor SA persvryheid

Mineraleregte – Staat hét onteien

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het die uitspraak in die Hooggeregshof dat die staat wel mineraleregte onteien het, verwelkom. “Hierdie onteiening is al as die grootste diefstal in die land se geskiedenis beskryf – dit het Suid-Afrika naby aan Zimbabwe se grondgrypbeleid gebring – en tog het die regering bly vasskop dat dit nie onteiening was

Lees verder: Mineraleregte – Staat hét onteien

Pasop vir kruipende onteiening

In sy rubriek, Grond? Wat bedoel julle, vra Charl-Pierre Naudé interessante vrae in Beeld van die 26ste April. Ongelukkig maak hy dan aannames en stellings wat op morele of goedklinkende wensdenkery, gebrek aan insig asook absolute naïewiteit getuig. Hy is reg met sy stelling dat die Malemahaatspraaksaak een van die belangrikste hofsake in ‘n lang

Lees verder: Pasop vir kruipende onteiening