Aldo Dell’Ariccia, EU-ambassadeur, het Woensdag gesê die joernaliste se werk kan as “aanhitsing tot haat” beskou word.
Die joernaliste, wat President Robert Mugabe sterk ondersteun, tel onder sowat 200 individue, wat met Mugabe se party verbind word, wat moontlike bank- en reissanksies deur die EU, Amerika en Brittanje in die gesig staar. Die sanksies sal ingestel word uit protes teen jare van menseregteoortredings deur dié land.
Mugabe het vir verkiesings vanjaar gevra om ‘n einde te bring aan ‘n wankelrige koalisie met die voormalige opposisie. Onafhanklike mediagroepe sê daar was sedertdien ‘n toename in aanhitsende beriggewing deur pro-Mugabe-publikasies, wat op hul beurt politieke geweld gepredik het.
