Kanayo Nwanze, die hoof van die Verenigde Nasies se Landelike Ontwikkelings-afdeling, het Afrikalande gekritiseer omdat hulle nie minstens 10% van hul nasionale begrotings aan landbou bestee nie.
Hy het gesê dit is een van die resolusies wat die Afrika-Unie in 2003 in Maputo aanvaar het.
Nwanze het in Kaapstad tydens die bekendstelling van die 2011 Landelike Armoede-verslag gepraat.
Regerings moet ‘n meer aktiewe rol speel om armoede te verminder en voedselsekerheid te verseker, het hy gesê. Slegs agt Afrika-lande het aan die einde van verlede jaar aan die AU-resolusie voldoen.
