Sowat 4 000 troepe van Frankryk is betrokke by Amerikaanse- en Navosendings in Afganistan. Minister Alain Juppe het gesê Frankryk en sy bondgenote sal ondersoek hoe hulle die kwessie gaan hanteer.
Juppe het Woensdag op die France 24-televisiekanaal gesê Navo se doel in Afganistan was nie om Bin Laden dood te maak nie, maar om die land se regering te help om heerskappy te wen en om vrede en demokrasie vir die land se mense te bring.
Noudat Bin Laden dood is, het Juppe gesê om die beplande onttrekking teen 2014 te bespoedig, is “een van die moontlikhede wat ons sal oorweeg. Die Amerikaners dink ook daaraan.”
Die Al-Kaïda-leier is gedood tydens ‘n aanval deur Amerikaanse spesiale magte in Pakistan.
