Withuis sal nie foto’s van Bin Laden se lyk vrystel nie

President Barack Obama het amptelik besluit dat geen foto van die lyk van Osama bin Laden vrygestel sal word nie.

Jay Carney, woordvoerder van die Wit Huis, aan Woensdag aan die media gesê: “Die president het die besluit geneem om geen foto’s van die afgestorwe Osama bin Laden uit te reik nie.”

“Ons stuur nie dié soort goed uit as trofeë nie,” het Obama gesê. Hy het ook gesê dit sal nie wenslik wees om foto’s van Amerikaanse lyke uitgereik te sien nie.

In 2009 egter het Obama se administrasie besluit om ‘n 18-jaar oue verbod op die foto’s van afgestorwe Amerikaanse soldate op te hef. Die jongste uitlatings kom as ‘n 180-grade wending van vorige stellings deur die president.

Nog een van die redes wat aangevoer word is dat die vrystelling van só ‘n foto die veiligheid van Amerikaanse soldate in die buiteland kan bedreig.

 

дизайн зала в доме с каминомФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae