Geen teken van Osama nie

Foto’s wat sowat ‘n uur na die Amerikaanse aanval op Osama bin Laden se tuiste in Abbottabad in Pakistan geneem is, toon drie dooie mense wat in poele van bloed lê, maar geen wapens nie. Nie een van die dooie mans is Osama nie.

Die foto’s, geneem deur ‘n Pakistani sekuriteitsbeampte, toon twee manne geklee in tradisionele gewade en een in ‘n t-hemp, met bloed wat uit hulle ore, neuse en monde stroom.

Die amptenaar, wat anoniem wou bly, het die foto’s aan Reuters verkoop. Dié nuusagentskap sê hulle meen die foto’s is eg.

Amerikaanse president Barack Obama het intussen besluit om nie foto’s van Bin Laden liggaam te laat vrystel nie, want dit kan volgens hom geweld aanhits en gebruik word as ‘n al-Kaida propaganda-instrument.

“Ek dink vanweë die grafiese aard van hierdie foto’s, kan dit ‘n nasionale veiligheidsrisiko skep,” het Obama gesê op die bekende CBS-program “60 Minutes.”

Reuters is vol vertroue oor die egtheid van die aangekoop beelde, want in die foto’s verskyn ‘n verwoeste helikopter wat ooreenstem met besonderhede van die foto’s wat Maandag uitgereik is.

Die foto’s is ook geneem in volgorde en is almal dieselfde grootte in pixels, wat aandui dat hulle nie mee gepeuter is nie. Die tyd en datum van die foto’s soos aangeteken in die digitale lêer se metadata stem ooreen met daglig en -stand in die gebied.

Een foto wys ‘n rekenaarkabel en wat lyk soos ‘n kind se plastiek groen-en-oranje waterpistool wat onder die regterskouer van een van die dooie mans lê. ‘n Groot plas bloed verskynonder sy kop.

fun gladiator gamesФильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae