Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het die uitspraak in die Hooggeregshof dat die staat wel mineraleregte onteien het, verwelkom.
“Hierdie onteiening is al as die grootste diefstal in die land se geskiedenis beskryf – dit het Suid-Afrika naby aan Zimbabwe se grondgrypbeleid gebring – en tog het die regering bly vasskop dat dit nie onteiening was nie,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.
“Ons vertrou dat die regering dié uitspraak sal respekteer, en nie verder belastingbetalersgeld sal mors deur te appelleer nie.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.