Die vrees dat biobrandstof die pryse van voedsel sal laat styg, is ongegrond volgens dr. Mulder. Die stygende oliepryse het tans ‘n ernstiger invloed en laat alle pryse styg.
Die huidige afhanklikheid van buitelandse invoere vir veral stapelvoedsel kan noodlottige risiko’s op die lang termyn vir Suid-Afrika inhou. Daarom behoort ons in Suid-Afrika te strewe na voedselsekerheid uit eie bronne. Biobrandstof uit ons surplus mielies en of suiker kan grootliks hiermee help,” volgens Mulder.
“Wat gebeur byvoorbeeld as buitelandse pryse skielik buitensporig styg en daar intussen, vanweë die invoere van graan, nie meer Suid-Afrikaanse graanboere oor is om binnelands te produseer nie?” het dr. Mulder gevra.
Dr. Mulder het ook gesê dat in die lig van die steeds hoër wordende produksiekoste van wyn, dit belangrik is dat met die minister van Finansies in gesprek getree word om die belasting daarop te verlig.
