Angela Merkel Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het ‘n beroep op Zimbabwe se buurlande gedoen om die “lyding” wat deur Robert Mugabe se beleid veroorsaak word, te beëindig. Duitsland beklee tans die Europese Unie se voorsitterstoel. Die kanselier se beroep is vroeër vandag in Cannes by die Afrika-Frankrykberaad gemaak. Volgens Merkel is daar “groot kommer”
Minister Pallo Jordan beskik oor ‘n (wrang) humorsin
MEDIAVERKLARING DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) Komende ná die Ermelo-hofsaak waarin die laaste oorblywende Afrikaanse hoërskool in die Oos-Transvaal gedwing word om Engelse klasse in te stel, getuig minister Pallo Jordan se uitspraak dat die ANC "Afrikaans sal bevorder" van ‘n humorsin, sy dit dan wrang. Afrikaans figureer feitlik nêrens meer as amptelike taal in die
Lees verder: Minister Pallo Jordan beskik oor ‘n (wrang) humorsin
Afrikaners en die buiteland
Met belangstelling het ek van die menings op u webblad kennis geneem. Dit is duidelik dat Afrikanereenheid steeds 'n byna onmoontlike doelstelling is, dat misdaad en die stryd daarteen die denke oorheers en dat Afrikaners in hul geboorteland om regmatige erkenning moet stry.
Nie 'n enkele van hierdie sake interesseer buitelanders ook maar vir een oomblik nie. Ja, die media gee hier en daar aandag aan die agteruitgang van Afrika maar altyd teen die agtergrond van "die resultaat van apartheid, verdrukking van swartes, die gevolge van slawerny en diskriminasie in die verlede." Baie Afrikaners praat uiteindelik maar mee in die koor.
Dit is opvallend dat ook diegene wat Afrika ken (dit behoort tog veral Afrikaners te wees nie waar nie ?) geen duidelik gemotiveerde en omlynde verklaring vir die geweldskultuur en misdaadeskalasie in Suid-Afrika maar ook die hele swart Afrika, gee nie. Die lied van die bogenoemde koor kry geen teëgeluid nie. Bly die "apartheid, diskriminasie, uitbuiting, kolonialisme, slawerny" koor die botoon sing, dan het die Afrikaner by name verloor, heeltemal verloor en sal hy altyd met die gevolge van sy politieke verlede gekonfronteer bly. Vanuit propaganda oogpunt gesien wen die ANC en Mbeki steeds.
Dat die res van die wêreld Afrika afgeskryf het is bekend. Weinig stel belang om die toestand te vebeter. Afrika moet homself met sy eie skoenveters oplig.
Vanuit die buiteland gesien (waar ek woon) is Afrika 'n enigma en die Afrikaners 'n onbeduidende tragiese oorblyfsel van 'n tydperk. Die oomblik as hierdie besef tot 'n mens deurdring dan emigreer jy – soos baie Afrikaners dan ook doen. Dit is 'n geldige en waardevolle antwoord op 'n oorlewingsprobleem wat in werklikheid soos 'n swart afgrond lyk.

Madame Butterfly “rassisties”
‘n Vooraanstaande Britse operakenner, prof Roger Parker van King’s College, het Puccini se Madame Butterfly as “rassisties” bestempel. Dié uitspraak kom op die vooraand van ‘n nuwe produksie van die opera in Londen. Volgens ‘n berig wat in The Daily Telegraph gepubliseer is, stel prof Parker voor dat ‘n moderne weergawe van die opera geskryf
Gee jou hart vir die DRK
Mosiuoa Lekota, minister van verdediging, het vanoggend ‘n beroep op Suid-Afrikaanse besigheidslui gedoen om die ekonomie van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) te help opbou. Deur in die DRK te belê, kan Suid-Afrikaanse maatskappye werk skep en Kongolese bannelinge na die land teruglok. Infrastruktuur en paaie bied vele geleenthede aan die Suid-Afrikaanse sakesektor. Lekota
Wie sal tog die regses regsien?
Geweld teister Kenia
Nairobi loop deesdae onder ’n ongekende vlaag geweld deur. In die laaste tyd is ’n bejaarde Amerikaanse sendeling en haar dogter met outomatiese masjiengewere afgemaai. In nog ’n insident het onbekendes onverwags op motoriste begin vuur en ’n vigs-wetenskaplike, asook nog twee persone (waarvan een op krukke), is dood. Die stad staan al lankal as
Eerste plaas onteien
Die heel eerste plaas in Suid-Afrika is amptelik op 26 Januarie vanjaar onteien. Die nuus is gister bekendgemaak. Die plaas is in die Noord-Kaap en het aan die Evangeliese Lutherse Kerk behoort. Die kerk het R35.5 miljoen vir die eiendom ontvang, nadat hulle die markwaarde daarvan dubbel so hoog geskat het. Die regering wou egter
Ermelo: Voorspelbare uitspraak deur drie anti-Afrikaanse regters
Hierdie was nie ‘n saak tussen ouers nie, maar tussen die minister van onderwys en ‘n Afrikaanse skool. Boonop het die onderwysdepartement besluit om Ermelo te dwing om Engelstalige leerlinge te aanvaar terwyl ‘n kloosterskool op die dorp leegstaan wat maklik vir ‘n Engelse hoërskool gebruik sou kon word.
PRAAG spreek sy solidariteit met die kinders, onderwysers en ouers van Hoërskool Ermelo uit. U stryd is ons s’n. Al is die magte hoe groot wat teen die Afrikaanse taal, kultuur en ons voortbestaan in die land gemonster is, ons sal nie gaan lê nie. Die stryd vir Afrikaans en vir ons voortbestaan as volk met ‘n eie identiteit, kultuur, letterkunde, geskiedenis en tradisies het nou maar eers begin.

Lees verder: Ermelo: Voorspelbare uitspraak deur drie anti-Afrikaanse regters
Guinee in ‘n gemors
Lansana Conté, president van Guinee, het Maandagaand ’n noodtoestand in sy land afgekondig. Meer as ’n honderd mense is al sedert die begin van Januarie dood in gevegte tussen betogers en soldate. Conté is tans 72 jaar oud en vir die afgelope 23 jaar reeds aan bewind ná ’n militêre staatsgreep in 1984. Hy het