Sjina leen nog ?n miljard dollar aan Angola

Angola het ’n lening van een miljard dollar gekry van Sjina om te spandeer op die ontwikkeling van hulle landbou, het die staatsmedia Donderdag gesê. Die Suider-Afrikaanse land het reeds $5 miljard ontvang in lenings van Sjina om te betaal vir die opbou van die land na die oorlog, maar die Wêreldbank glo dat daar

Lees verder: Sjina leen nog ?n miljard dollar aan Angola

MSF onttrek personeel uit Darfoer

Die mediese welsynsorganisasie Dokters Sonder Grense (MSF) het Donderdag gesê dat hulle byna al hulle personeel uit die Darfoerstreek van Soedan gaan onttrek nadat 3 van hulle personeellede ontvoer is. “MSF is in die proses om die laaste van hulle spanne uit Darfoer te onttrek,” het Christopher Stokes, die direkteurgeneraal van die groep se Belgiese

Lees verder: MSF onttrek personeel uit Darfoer

Dis tyd vir daardie Afrikaanse kanton!

Ek stem volmondig saam met Daniel M. le Roux. Die tyd is ryp vir 'n eie Afrikaner/Afrikaanse kanton (volkstaat). Dit is 'n idee wat so gou moontlik bespreek, bemark en oor besluit moet word, want dit sal die talle depressiewe en ontnugterde Afrikaners weer motiveer/inspireer om nuut, vars en verbeeldingryk  te dink. Op die oomblik

Lees verder: Dis tyd vir daardie Afrikaanse kanton!

Zim-vlugtelinge draers van siektes

Humanitêre organisasies wat Zimbabwiese vlugtelinge in Musina help, het gewaarsku dat die sluiting van die skougronde – ‘n groot oop veld naby die grens waar 3 000 tot 4 000 Zimbabwiërs toustaan vir asiel en snags skuiling soek – die verspreiding van cholera en ander siektes kan vererger. Verlede week het die departement van binnelandse

Lees verder: Zim-vlugtelinge draers van siektes

Zuma kos die belastingbetalers R1 miljoen per maand

BBP beskerming vir ANK-president Jacob Zuma kos die belastingbetalers byna R1 miljoen elke maand, volgens die DA. Die R998 815 word uitgegee op statiese beskerming, nabye beskerming, oortyd, voertuie en telefoonkoste. Die party beoog om Vrydag aan Mthethwa te skryf aangaande die situasie. Die DA noem dit ‘n “buitengewone mors” van die belastingbetalers se geld,

Lees verder: Zuma kos die belastingbetalers R1 miljoen per maand

Meer as 2500 polisiewapens verdwyn

Volgens die minister van veiligheid en sekuriteit Nathi Mthethwa het meer as 2 500 polisievuurwapens weggeraak tussen April verlede jaar en Februarie hierdie jaar, het die SAUK Vrydag berig. In reaksie op ‘n vraag van die DA in die parlement Donderdag, het hy gesê sommige van die wapens is aangemeld of as verlore of as

Lees verder: Meer as 2500 polisiewapens verdwyn

220 Dorpe hou belasting terug

Omtrent 220 dorpe hou hulle munisipale belasting terug weens swak dienslewering, het die nasionale belasting betalersvereniging Donderdag (NTU) gesê. NTU raadslid Jaap Kelder het gesê dorpe is siek en sat van slaggate, wateronderbrekings, onvoldoende rommelverwydering en oorgroeide bosse langs die pad, en het daarom besluit om hulle munisipale belastings “terug te hou” tot die dienste

Lees verder: 220 Dorpe hou belasting terug

Kastrasiedebat raak warm in Europa

Of kastrasie sal help om gewelddadige seksmisdadigers te rehabiliteer het weer onder die soeklig gekom. Die Raad van Europa se anti-folteringskomitee het verlede maand sjirurgiese kastrasie “ingrypend, onomkeerbaar en skendend” genoem het, en geëis het dat die Tsjeggiese Republiek die toepassing van die prosedure op gewelddadige seksoortreders moet staak. Ander kritici het gesê dat kastrasie

Lees verder: Kastrasiedebat raak warm in Europa

SA het soveel as 40 nuwe steenkoolmyne nodig

Suid-Afrika het soveel as 40 nuwe steenkoolmyne nodig teen 2020, het Eskom Woensdag gesê. Dit sal ‘n belegging van tot R110 miljard insluit in die steenkoolmynbedryf tussen nou en 2020 – en ‘n groot aantal mynregte sal moet toegestaan word in ‘n kort tydsbestek, het Eskom se steenkoolspesialis Johan Dempers tydens ‘n steenkoolkonferensie in Johannesburg

Lees verder: SA het soveel as 40 nuwe steenkoolmyne nodig

Onwettige immigrante in VK is 80% meer as beskikbare syfer

‘n Studie van die Londense skool van Ekonomie het bevind dat daar ongeveer 725,000 buitelanders is wat onwettig in Brittanje woon. Die syfer is 81% meer as die laaste skatting van 430,000 van die departement van binnelandse sake wat in 2005 openbaar gemaak is. BBC se program Panorama het gisteraand  beweer dat teen die huidige

Lees verder: Onwettige immigrante in VK is 80% meer as beskikbare syfer