Die lyk van ‘n vooraanstaande KwaZulu-Natalse sakeman is in die Tugelarivier in die provinsie gevind, het die polisie gesê. Lt.kol. Vincent Mdunge sê inwoners het die lyk opgemerk en die polisie in kennis gestel. “Hy het talle steekwonde opgedoen.” Eyewitness News het die oorlede geïdentifiseer as Nhlanhla Gasa, wat met pres. Jacob Zuma verbind word.
Lees verder: Lyk van sakeman met Zuma-bande in rivier gevind
