Die meeste ondernemings en skole in Zimbabwe het Dinsdag normaalweg geopen, ondanks ‘n oproep tot ‘n landwye staking. Pastoor Evan Mawarire, leier van die sukkelende #ThisFlag-beweging, is vroeër op aanklagte van aanhitsing van geweld en rusverstoring in hegtenis geneem. Mawarire het die oproer gedoen aan sy landsgenote om Woensdag en Donderdag aan ‘n landwye wegblyaksie
Namibiese hof knip SA hoenderbedryf se vlerke
Die aansoek deur Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente teen die invoerbeperkings wat in Namibië ingestel is om die plaaslike bedryf te beskerm, het in Windhoek se hoërhof misluk. ‘n Namibiese regter het Vrydag beslis die aansoek van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging en vyf ander maatskappye betrokke in die buurland se pluimveebedryf teen die beperkings op invoere wat gedurende April
Frankryk vier ‘n triestige 14 Julie
Frankryk vier vandag ‘n triestige 14 Julie in ‘n gees van waaksaamheid onder ‘n noodtoestand. Die tradisionele militêre parade sal plaasvind, maar onder streng toesig. Die 3239 soldate wat in die Champs Elysees sal afmarsjeer, sal deur meer as 3000 polisie en gendarmes beskerm word, het die Paryse polisiehoofkwartier Woensdag gesê. Die mees ongewilde President
Eiffeltoring gesluit vir toeriste na openbare geweld
Die Franse owerhede het Maandag besluit om die toegang tot die Eiffeltoring te sluit ná ernstige onrus in die omgewing. Die 0-1 nederlaag van die Franse sokkerspan teen Portugal in die finaal van die Euro2016-toernooi het tot die oproer by die toring gelei. Voertuie is ook aan die brand gesteek. ‘n Woordvoerder van die maatskappy
Lees verder: Eiffeltoring gesluit vir toeriste na openbare geweld
Walus se saak sloer
Die registrateur van die Appèlhof sê dit is onwaarskynlik dat die ministerie van Justisie se appèl teen die toestaan van parool aan Janusz Walus, voor aanstaande jaar aangehoor sal kan word. Paul Myburgh sê die hofproses sal nou die uitruil van dokumente behels en dit kan maande neem om af te handel. Walus het die
Pastoor wat Zim-wegbly-aksie reël aangekla
Die Zimbabwiese pastoor Evan Mawarire, wat ’n tuisbly-protes teen die regering georganiseer het, het Dinsdag op sy Twitter-blad, Mawarire’s #ThisFlag, aangekondig die polisie het hom aangekla van aanhitsing tot geweld. Hy word ingevolge artikel 35 van die wet ook vir rusverstoring aangekla. Nóg ’n betoging teen pres. Robert Mugabe se bewind word vir vandag en
Amerikaanse soldate na Suid-Soedan
Sowat 40 Amerikaanse spesialemaglede is inderhaas na die VSA se ambassade in Juba, Suid-Soedan, terwyl die land op die rand van nog ‘n burgeroorlog verkeer. Die troepe sal sekuriteit by die ambassade versterk en help om nie-noodpersoneel te ontruim, sê Samantha Reho, ‘n woordvoerder van VS-Afrika-bevel. “Verskeie voertuie uitsluitlik vir gebruik in die beskerming van
RSG-redakteur skielik oorlede
‘n Bulletinredakteur van RSG, Johan Lieb Kriek, is laat gistermiddag in Johannesburg oorlede. Hy was vroeër die dag ongesteld en is na ‘n dokter. Hy het kort daarna aan ‘n hartaanval beswyk. Die 57-jarige Kriek was vroeër in sy loopbaan die uitvoerende regisseur van Monitor/Spektrum. Hy word oorleef deur sy eggenoot, ma en twee broers.
Theresa May knoei haar pad na premierspos oop
Die skielike onttrekking van Andrea Leadsom (foto hierbo) as kandidaat vir die leierskap van die Konserwatiewe Party in Brittanje, is deur die media moontlik gemaak wat haar opmerkings oor ma-wees in ‘n kwade lig gestel het. Haar enigste teenstander, Theresa May, was daarna die enigste kandidaat. As Leadsom nie onttrek het nie, kon die opvolgkwessie
Bernie kom tot Hillary se redding, maar Ginsburg nie
Bernie Sanders het sy steun aan sy Demokratiese opponent, Hillary Clinton, toegesê in die hoop dat hy energie kan verleen aan die veldtog teen die Republikeine se Donald Trump. Hillary se blatante leuens oor die gebruik van ‘n privaat eposbediener is kort voor die onlangse swart onrus deur die FBI ontbloot. In ‘n vorige stryd
Lees verder: Bernie kom tot Hillary se redding, maar Ginsburg nie
