Die Kemptonpark-onderhandelinge waar die NP so gruwelik verloor het, is gekenmerk deur die verskil in onderhandelingsbenadering tussen die NP en die ANC. Volgens berigte was die ANC-strateeg eintlik Joe Slovo, die kommunis wat die Afrikaner en sy Nasionale Party gehaat het ná die ontydige afsterwe van sy vrou omdat sy 'n briefbom oopgemaak het wat eintlik vir hom bedoel was.

Senator Barack Obama het Sondag 'n verdere hupstoot gekry met die aankondiging van Colin Powell dat hy die eerste swart presidentskandidaat gaan steun. Obama se veldtogfinansies vir September toon intussen boonop 'n reusevoorsprong bo dié van Senator McCain. Obama het reeds meer as $600 miljoen ingesamel, 'n nuwe kerf vir die VSA se presidentskandidate.
Die Russiese weermag beoog om oor die volgende aantal jare hulle mag te moderniseer en sommige veranderinge lyk baie na dié wat die Amerikaners die afgelope paar dekades onderneem het. Grondmagte gaan voortaan in kleiner brigadesterkste eenhede ontplooi word, eerder as die lomp divisies van voorheen.